Inwoners sny gras waar skurke glo skuil

2017-04-19 06:02
Phoebe Loff en haar span wat gehelp het om gras te sny op die oop veldjie by Hearnsingel in Southridge, Kimberley.

Phoebe Loff en haar span wat gehelp het om gras te sny op die oop veldjie by Hearnsingel in Southridge, Kimberley.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ontevredenheid oor lang gras het inwoners van Hearnsingel in Southridge genoop om self ’n plan te maak.

Nadat daar weke lank vergeefs by die Sol Plaatje-munisipaliteit gekla is oor ’n vlaag inbrake en die lang gras op ’n oop stuk veld in die middel van die singel, het inwoners ’n bedrag van R1 500 ingesamel sodat hulle ’n groep werkers kon huur om die gras te sny.

Marie Beylefeld, ’n DA-wyksraadslid, sê iets moes gedoen word.

Volgens haar was daar onlangs sewe inbrake in ’n week se tyd in Hearnsingel alleen. Huise in ander strate in Southridge loop glo ook deur.

“Daar is in dieselfde week meer as een keer by ’n persoon se huis hier ingebreek en ’n ander inwoner se waterpype is selfs van die muur afgesteel,” het ’n inwoner wat anoniem wou bly, aan Express gesê.

Volgens Beylefeld was daar klagtes dat misdadigers bedags in die veld lê en huise dophou.

Inwoners het toe besluit om hand in die sak te steek en die veldjie te ontbos.

’n Groep werkers onder leiding van Phoebe Loff het Woensdag 5 April ingespring en gehelp om bosse uit te haal en gras te sny.

Loff stel hoofsaaklik werklose mense van die gemeenskap aan om die werk te doen.

Sy het in 2008 ’n projek gestig om werkloses te betrek en werk te verskaf aan jong mense van die gemeenskap wat sukkel om werk te kry.

“Ons doen dit om werk te skep en die jeug van dwelms en alkohol af weg te hou. Ons probeer ook om misdaad wortel en tak uit te roei,” sê sy.

Een van haar werkers, Sidney Sekgoro, is glo op parool uit en het aan Express gesê die projek bied aan hom en ander werkers ’n geleentheid om hulle uit die moeilikheid en weg van misdaad te hou.

Loff sê sy en haar werkers het bykans tien jaar gelede begin met projekte om skoolterreine in stand te hou en is nou ook bedrywig om die probleem van lang gras uit te roei.

  • Loff sê hulle benodig besems, grawe, plastieksakke, harke en oorpakke en is altyd dankbaar vir geldelike skenkings om werkers se toelaes te betaal. Bel vir Loff by 072-556-5621 vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.