Jong vrou se selfdood skok

2016-06-22 06:00
LOUISE KEET

LOUISE KEET

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n HARTSEER Thelma Keet, tante van Louise Keet, vertel dat hul familie uiters geskok is nadat Louise (23) selfdood gepleeg het.

Louise, ’n oud-leerling aan die Hoërskool Wrenchville, het op Dinsdag 31 Mei haar eie lewe geneem.

“Ek en my man, Clilfford, was dorp toe. Ons het omstreeks 14:00 by die huis aangekom en Louise was nie in die huis nie.

“Clifford het na die agtertuin gegaan en Louise daar gevind. Hy het geskree ‘nee, nee, nee’ en hy het dadelik polisie toe gegaan. Hy het vir my gesê ek moet nie buitetoe gaan nie.

“Dit is vir ons so ’n groot hartseer. Ons is so getraumatiseer. Ek dink ons almal sal berading moet kry.”

Alhoewel Louise voorheen en tot so laat as Oktober 2015 in Optima, Bloemfontein, vir behandeling vir depressie opgeneem is, het sy op Maandagaand 30 Mei aan Thelma gesê dat sy nie meer depressief is nie en dat sy heeltemal vrede met die dood van haar vriend gemaak het.

Louise se vriend het twee jaar gelede ook selfdood gepleeg.

Haar familie wou nie meer inligting oor haar vriend se identiteit verskaf nie.

“Louise het nie haar eie lewe geneem omdat sy depressief was nie.

“Ander faktore het tot haar dood gelei.

“Nadat ons haar in die tuin gevind het, het ons orals in die tuin en ook in die huis vir ’n briefie van haar af gesoek.

“Ek het selfs in haar handsak gesoek. Ons het niks gekry nie,” vervolg Thelma.

Volgens Thelma het Louise vir haar gesê dat sy nou weer lus het om ’n nuwe lewe te begin.

Sy sou die afgelope naweek ’n ooievaars-tee van ’n vriendin bygewoon het en sy was baie opgewonde daaroor.

Magda Keet, ook ’n tante van Louise, het op Woensdag 1 Junie aan Express Northern Cape vertel dat hulle ’n baie hegte verhouding gehad het.

“Sy het Vrydag nog vir my gesê ek moet haar nie alleen los nie. Ek het haar belowe ek sal dit nie doen nie en ek het ook vir haar gevra om my nie alleen te los nie.”

Magda sê Louise was ’n sonstraaltjie in almal se lewe.

“Sy was ’n lewenslustige mens. Die mense wat haar geken het, het haar liefgehad.

“Sy was regtig my maatjie. Sy het my so mooi bygestaan toe my man, Ivan, in 2009 oorlede is.”

Alhoewel Louise nie by haar ma, Sharon, gewoon het nie, was sy altyd baie besorg oor haar en ook verskriklik lief vir haar.

Louise het sosiale wetenskappe en sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gestudeer en sy sou einde 2015 haar graad verwerf het.

Louise was in haar derde jaar en besig met haar eindeksamen toe haar vriend gesterf het.

Die trauma was egter vir haar so erg dat sy nie kans gesien het om met haar studies voort te gaan nie.

Amy Keet, ’n niggie van Louise, sê: “Haar vriend se dood was vir haar ’n groot slag.”

Louise het grotendeels saam met haar niggies, Jeselynne Keet (31), Amy Keet (26) en Natasha Joseph (20) grootgeword.

“Ons vier was onafskeidbaar. Ons kon saam kraai van die lag en tog het ons ook mekaar se seer en pyn geken en die las saam gedra,” vertel Amy.

Louise het ’n hegte band met haar pa, Bennie Ward, wat in Hotazel woon, gehad.

Louise word ook deur haar drie sussies, Shirlynne Keet (14), Shauneez Keet (10) en Kayleen Ward (8), asook ses broers, Wayne Ward (23), Gailhon Ward (22), Davon Ward (16), Kevin Assegaai (17), Heindrich Keet (6) en Saydon Keet (3), oorleef.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.