Kby-toerisme vereer

2017-11-01 06:01
Martina Jacobs van Oleander Gastehuis (middel) ontvang Sondagaand die Lilizela-toekenning vir beste vyfster gastehuis in Suid-Afrika by Thokozile Xasa, die minister van toerisme (links).Foto: Christiaan Cloete

Martina Jacobs van Oleander Gastehuis (middel) ontvang Sondagaand die Lilizela-toekenning vir beste vyfster gastehuis in Suid-Afrika by Thokozile Xasa, die minister van toerisme (links).Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Plaaslike rolspelers in die toerismebedryf is Sondagaand (29/10) tydens die swierige Lilizela-toekenningsgeleentheid in die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg vereer.

Die Oleander Guest House, ’n vyfster-gastehuis in Kimberley se lowerryke Carringtonweg, het ’n Lilizela-eerbewys vir die beste vyfster-gastehuis in Suid-Afrika verower.

’n Oorstelpte Martina Jacobs van die Oleander Guest House, wat Sondagaand die eerbewys by die minister van toerisme, Thokozile Xasa, ontvang het, sê: “Ons is baie bly oor die eerbewys. Terwyl ander stede die see en berge het, moes ons soveel harder werk om hierdie eerbewys te verdien.”

Kabelo Motupi en Kegomoditswe Maruping, twee plaaslike toergidse van Kimberley, is ook met Lilizela-eerbewyse vereer. Kabelo het ’n Lilizela-eerbewys ontvang vir beste natuurgids en Kegomoditswe vir beste kulturele gids.

Volgens Kegomoditswe bied sy kulturele toere deur Gale­shewe, sowel as sjebien-toere deur die township aan. Sy is deur Amerikaanse toeriste van Idaho wat verlede jaar die township besoek het, vir die eerbewys benoem.

Kimberley se Groot Gat het ’n Lilizela-eerbewys vir mobiliteit en toeganklikheid ontvang. Volgens Dirk Coetzee, bestuurder van die Groot Gat, word die eerbewys aan toeriste-aantreklikhede wat toeganklikheid vir mense met gestremdhede bevorder, toegeken.

Een van die hoogtepunte van die aand was toe Mpho Cornelius, stigter en eienaar van The Workshop ko Kasi, ’n toersime-onderneming in Mothibastad naby Kuruman met ’n boekwinkel, koffiewinkel, spa en wassery, as entrepreneur van die jaar aangewys is.

The Workshop ko Kasi, wat ook toere aanbied, het ook ’n Lilizela-eerbewys in die afdeling vir eko-toerisme gewen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.