Kby-waterprobleme kry aandag

2017-11-29 06:00
Werkers en bestuurslede van die Sol Plaatje-munisipaliteit op die toneel waar ’n gebarste hoofwatertoevoerpyp herstel is. Foto: Verskaf

Werkers en bestuurslede van die Sol Plaatje-munisipaliteit op die toneel waar ’n gebarste hoofwatertoevoerpyp herstel is. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Einde aan Kimberley se waterprobleme is nog nie in sig nie, hoewel die burgemeester glo dat die inwerkingstelling van ’n moderne waternetwerk uiteindelik oplossings sal bring.

Dit volg op ’n week waarin inwoners wie se krane opgedroog het, bottels water op Swart Vrydag-uitverkopings eerder as ware winskopies moes koop.

Mangaliso Matika, burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het om verskoning gevra vir die ongerief.

Volgens hom het etlike onvoorsiene probleme in die afgelope week opgeduik. Dié probleme maak ’n vinnige oplossing onmoontlik.

“Dit het verlede week begin toe ’n 965 mm-toevoerpyp tussen die onttrekkingsaanleg by Riverton aan die Vaalrivier en die Newton-aanleg in die stad gebars het.

“Ons moes die pyp leegmaak om dit te kon sweis. Dit was egter nat, wat die sweiswerk vertraag het. Die sweiswerk aan die onderkant van die pyp was moeilik.

“Dit is Donderdagaand herstel en ons kon weer water pomp.

“Intussen het die vlakke in die opgaardamme laag gedaal. Ons kan nie water na inwoners versprei as die vlakke te laag is nie omdat die pompe lug suig.

“Ons moes die toevoer afsluit om die opgaardamme te laat vol loop. Teen Saterdag was die damme weer vol genoeg.

“Ongelukkig het ’n pomp intussen by die Riverton-aanleg ingegee.

“Dit is vir herstelwerk ingestuur. Die gevolg is dat net twee pompe nou water na die stad pomp. Dit skep ’n risiko dat die damvlakke by die Newton-aanleg kan daal. Ons vra inwoners om geduldig te bly.”

Matika is verheug dat die bou van ’n nuwe pompstasie by Riverton goed vorder.

“Ons gaan hoëdrukpompe daar in werking stel wat die oues sal vervang.”

Volgens hom word die hele waterbestuurstelsel van die stad vernuwe. Dit sal die probleme wat in die verlede ondervind is, oplos.

Al die onttrekkingspompe by Riverton is reeds vervang en nuwe kleppe by die Newton-aanleg, sonemeters en drukkleppe elders in die stad is reeds in werking gestel.

“Ons is ook besig om verweerde pype in die Newton-aanleg te vervang. Ons sal uiteindelik ’n hedendaagse waternetwerk hê wat aan die eise van inwoners sal voldoen,” sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.