Khoi-San: ‘Betrek ons’

2018-03-14 06:00

Afstammelinge van die Khoi-San wil “volle en waardige” vennote in die huidige debat oor die onteiening van grond sonder vergoeding wees.

Só het Cecil le Fleur, voorsitter van die nasionale Khoi-San-raad, op 1 Maart aan pres. Cyril Ramaphosa in ’n debat in die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers (NHTL) in die parlement gesê.

Le Fleur het verder aan Rama­phosa gesê grond is ’n baie sen­sitiewe kwessie, veral omdat die Khoi-San die heel eerste mense in Suid-Afrika was wat van hul grondregte ontneem is.

“As jy die berge, valleie en rivier­beddings van ons pragtige land besoek, Meneer die President, sal jy die antieke titelaktes van ons voorvaderlike gronde mooi geverf aan die mure van die grotte en uitge­graveer in die klippe in die valleie sien,” het Le Fleur gesê.

“Hierdie byna heilige plekke van erfenis het deur duisende, in sommige gevalle honderdduisende, jare oorleef om deur ons vandag gebruik te kan word as getuienis in ons grondeise in die land van ons oorsprong.”

Volgens Le Fleur word afstammelinge van die Khoi-San se grondeise ook as “uitsonderings” in die huidige grond­hervormingsprogramme hanteer.

“Ons is nie deel van die nasionale debat oor grondhervorming nie. In plaas daarvan het ons ’n afsonderlike program om ons eise aan te pak op die grondslag dat die departement na maniere moet kyk hoe hulle die 1913-afsnydatum, wat die Grondwet bepaal, kan systap.”

Le Fleur het ’n beroep op Rama­phosa gedoen om die afstammelinge van die Khoi-San “volle en waar­dige” vennote in die “nuwe grond­debat te maak en om die proses waar ons as uitsonderings hanteer word stop te sit”.

Ramaphosa het op 27 Februarie met die opening van die NHTL gesê ’n kommissie oor Khoi-San-aangeleent­hede sal gestig word om die regering te help om aan hierdie groep erkenning te gee. – Llewellyn Prince

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.