Kilo biltong gaan maar swaar af

2016-08-17 06:00
ANDRÉ VAN ZIJL, ’n man wat spog met meer as 51 wêreldrekords agter sy naam, het Donderdag (11/08) maar swaar aan ’n kilogram biltong gesluk. Hy wou sy eie wêreldrekord van 700 g in 35 minute tot 1 kg in 35 minute verbeter.

ANDRÉ VAN ZIJL, ’n man wat spog met meer as 51 wêreldrekords agter sy naam, het Donderdag (11/08) maar swaar aan ’n kilogram biltong gesluk. Hy wou sy eie wêreldrekord van 700 g in 35 minute tot 1 kg in 35 minute verbeter.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE vigs- en diereaktivis André van Zijl (66) het Donderdag (11/08) meer afgebyt as wat hy kan kou.

Hy het vergeefs probeer om sy eie wêreldrekord in biltong-eet te verbeter.

Van Zijl, wat sê dat hy twee jaar gelede die wêreldrekord vir biltong-eet in Kimberley opgestel het deur 700 g biltong in 35 minute te verorber, wou sy eie rekord verbeter deur ’n volle 1 kg biltong in dieselfde tyd te eet.

Van Zijl kon egter net 674 g geëet kry voordat die 35 minute verstreke was.

Dit is Van Zijl se tweede mislukte poging om sy eie rekord te verbeter.

“Ek het vandag my bes probeer en is nie teleurgesteld nie,” het Van Zijl na afloop van sy wêreldrekord-poging voor die Pig-A-Porky-slaghuis by die Hadison Park-winkelsentrum in Kimberley gesê.

“Ná die tweede probeerslag om die rekord te verbeter, begin ek dink dat dit eenvoudig nie haalbaar is om ’n kilogram biltong in 35 minute te eet nie.

“Ek sal dalk weer in die toekoms probeer.”

Die slaghuis het die biltong voorsien.

Tussendeur Van Zijl se biltong-etery het hy sy keel met gemmerbier, wat deur Breakaway Cycles in Kimberley geskenk is, natgemaak.

Volgens Van Zijl help die gemmerbier om die biltong af te sluk en verlig dit tydelik die souterige biltongsmaak.

Hy het die biltong wat hy nie in die wêreldrekord-poging kon eet nie in ’n sakkie huis toe gevat en onderneem om dit later te eet.

Van Zijl het van die geleentheid gebruik gemaak om geld vir vier liefdadigheids­organisasies in Kimberley in te samel.

Dit sluit die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), Meals on Wheels, die Elizabeth Conradie-skool en die Yonder­opleidingsentrum in Kimberley in.

Van Zijl wil mense aanmoedig om geld aan dié organisasies te skenk.

“Ek moedig almal aan om met die organisasies in Kimberley in verbinding te tree en geld in hul bankrekening in te betaal met die woord ‘biltong’ as verwysing.”

Volgens Van Zijl spog hy met 51 wêreldrekords wat erken en aangeteken is.

Dit sluit volgens sy amptelike webwerf die volgende in:

  • die verste afstand in rolskaatse afgelê (ongeveer 1 600 km tussen Kaapstad en Johannesburg in 19 dae in 1969);
  • die wêreldrekord vir ononderbroke sang (hy het in 1972 vir 28,5 uur sonder ophou in Brixton, Johannesburg, gesing);
  • die grootste gehoor by ’n vigs-byeenkoms toegespreek (in 1986 in Bisho);
  • die rekord vir die meeste koppies koffie in vier ure gedrink (221 koppies);
  • die meeste garnale geëet (hy het in 1999 5 kg garnale in vier uur geëet);
  • die wêreldrekord vir droë wors eet (5 kg in vier uur in 1999).

Van Zijl het ook al 60 dae lank in ’n motor en 13 dae in ’n jacuzzi gesit.

Volgens hom moet ’n mens net jou denke aanpas om sulke dinge baas te raak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.