Klagte teen speaker volg op chaos

2018-10-03 06:00
Die DA se provinsiale leier Andrew Louw (in die blou hemp, met die pet) spreek Maandag (2018/10/01) lede van die media toe voor die Transvaalweg-polisiestasie in Phakamile Mabija-weg in Kimberley. Die DA en EFF het kriminele klagtes teen die speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Ben Springbok, gelê ná ’n ontstuimige raadsvergadering Vrydag (2018/09/25) waartydens raadslede deur ANC-lede met blikkies en bottels bestook is. Foto: Christiaan Cloete

Die DA se provinsiale leier Andrew Louw (in die blou hemp, met die pet) spreek Maandag (2018/10/01) lede van die media toe voor die Transvaalweg-polisiestasie in Phakamile Mabija-weg in Kimberley. Die DA en EFF het kriminele klagtes teen die speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Ben Springbok, gelê ná ’n ontstuimige raadsvergadering Vrydag (2018/09/25) waartydens raadslede deur ANC-lede met blikkies en bottels bestook is. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die DA en EFF het Maandag (01/10) gesamentlik kriminele klagte teen Ben Springbok, waar­nemende speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit, by die Kimberley-polisiekantoor ingedien.

Dit volg nadat ’n raads­vergadering Vrydag (28/09) in chaos ontaard het en raadslede van opposisiepartye met vol water­bottels, glas en koeldrankblikkies gegooi is.

Die DA se provinsiale leier in die Noord-Kaap, Andrew Louw, het Maandag gesê dat Springbok geweier het om teenoor die amokmakers op te tree terwyl raadslede se lewe in gevaar gestel is.

“Die speaker het absoluut niks gedoen om die raadslede teen die intimidasie en vandalisme wat ons Vrydag gesien het, te beskerm nie,” sê Louw.

“Die speaker het op geen stadium sekuriteitswagte ingeroep nie.

“Trouens, die sekuriteitswagte het ledig gestaan en toekyk te midde van die chaos.

“Die minste wat die speaker kon doen, is om die mense in die openbare galery te vra om hulself van die vergadering te verskoon.

“Ons kan nie ’n situasie toelaat waarin raadslede geïntimideer voel en te bang is om raadsvergaderings by te woon nie.”

Rdl. Sharon Steyn (DA), een van die raadslede wat Vrydag deurgeloop het, het Maandag ’n koeldrankblikkie en die bokant van ’n gebreekte glasbottel waarmee sy gegooi is, as bewysstukke by die polisie ingedien.

Steyn vertel hoe sy glo onder die banke van die raadsaal moes skuil toe dit blikkies, bottels en glas gereën het.

Sy is een van talle raadslede wat raakgegooi is.

Ander raadslede wat deurgeloop het, sluit Bernadette Francis, (DA), Millicent Moloholo (EFF) en Herbert Miller (EFF) in.

Springbok het Maandag in reaksie op Louw se aantygings gesê dat hy die stelling verwerp dat hy niks gedoen het om teen die amokmakers op te tree nie.

Volgens hom het hy wel die mense in die openbare galery en raadslede gevra om hulself te gedra.

Volgens Springbok was sy mikrofoon aan en behoort daar ’n opname te wees van wat hy alles gesê het.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit is steeds burgemeesterloos ná die onderbreking van Vrydag se raadsvergadering.

’n Nuwe burgemeester sou tydens die vergadering vir die Sol Plaatje-munisipaliteit gekies word.

Dit volg op die bedanking van Mangaliso Matika as uitvoerende burgemeester van die munisipaliteit ná druk uit die gemeenskap.

Patrick Mabilo tree op as waarnemende burgemeester totdat ’n nuwe burgemeester ingehuldig word.

Mabilo was die ANC se keuse as nuwe burgemeester, maar daar is ’n faksie in die ANC wat rdl. Pula Thabane as burgemeester verkies.

Ná ’n verdaging van die vergadering het verskillende ANC-faksies die vergadering ontwrig.

Die ANC het na afloop van die vergadering aangekondig dat hy drie van sy proporsionele raads­lede in die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley gaan afdank en dringende tugstappe teen agt wyksraadslede gaan doen ná Vrydag se ontwrigte raadsvergadering.

Die DA het ook die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, daarvan beskuldig dat sy bloot met gevoude hande sit en toekyk het en niks gedoen het om die situasie in die munisipaliteit te beredder nie.

Louw het gesê dat die DA nie met gevoude arms sal sit en toekyk hoe die ANC probeer om demokratiese prosesse te probeer onderdruk nie.

Intussen het Bentley Vass, Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Maandag in ’n verklaring gesê dat die uitslae van ’n forensiese ondersoek rakende die Sol Plaatje-munisipaliteit se geldsake op die volgende raadsvergadering bekend gemaak sal word.

Dié raadsvergadering is glo vir Woensdag (03/10) beplan.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Elconop 3 / Elconop 1

Cape Town Southern Suburbs
Workforce
R55.00 - R59.00 Per Hour

call centre agent

Milnerton
Pro Placements Recruitment Agency
R4 000.00 Per Month Per Month

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.