Koopkoors loop weer hoog

2018-11-21 06:00
20171124 RAPPORT Swart Vrydag by Cresta Mall in Johannesburg. FOTO: Hendrik HanckeFoto:

20171124 RAPPORT Swart Vrydag by Cresta Mall in Johannesburg. FOTO: Hendrik HanckeFoto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Kry maar jou winkeltrollie, handsak en valhelm gereed, want dit is weer tyd vir Swart Vrydag.

Kleinhandelaars en winkelsentrums in die Diamantstad maak hulle gereed vir die koopmanie wat jaarliks met dié dag gepaard gaan.

Die gebeurtenis wat oor die wêreld heen gekenmerk word deur on­gelooflike winskopies, groot skares kopers en lang rye, vind vanjaar op 23 November plaas.

Ekonome verwag dat die dag kan help om sukkelende kleinhandelverkope ’n hupstoot te gee in ’n jaar dat verkope maar traag was weens verskeie stygings in die brandstofprys en die verhoging van belasting op toegevoegde waarde (BTW) van 14% na 15%, wat in April in werking getree het.

Winkelsentrums in Kimberley, soos die Diamond Pavilion Shopping Mall en die North Cape Mall, gaan hul besigheidsure verleng om klante op Swart Vrydag te akkommodeer.

Die meeste winkels in die North Cape Mall sal reeds om 08:00 oop wees en sal ’n uur later toemaak op Swart Vrydag.

By die Diamond Pavilion Shopping Mall sal Checkers reeds teen 06:00 oop wees, met Woolworths wat om 07:30 reeds sal oop wees.

Verskeie Game-winkels oor die land heen, insluitend die Game in die North Cape Mall, sal reeds om middernag op 22 November oop wees vir besigheid, maar met verskerpte sekuriteit ná voorvalle verlede jaar waartydens klante die winkels gestormloop en skade aangerig het.

Die Swart Vrydag-veldtog, wat in Amerika ontstaan het en elke jaar ná die Thanksgiving-feesdag plaasvind, word sedert 1952 as die begin van die Kersfees-inkopietyd beskou en as ’n hoogtepunt op die kleinhandelbedryf se kalender geag.

Hoewel die oorsprong van die naam Swart Vrydag onbekend is, word daar geglo dat dit moontlik in die Amerikaanse staat Philadelphia ontstaan het waar die term gebruik is om die toename in voetgangers en verkeer op die dag ná die Thanksgiving-feesdag te beskryf.

’n Ander verklaring vir die naam is dat die dag die keerpunt verteenwoordig waar handelaars profyt begin maak het en van “in die rooi” na “in die swart” gegaan het.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.