Krieket boul Griekwas toe uit

2017-02-22 06:02
Raabia Tofar (links) en Anemay Terblanche, albei kankeroorwinnaars, stap saam met Northern Cape Cricket (NCC) se Zakir Kathrada oor die veld van die Diamant-ovaal in Kimberley voor die aanvang van die vriendskaplike wedstryd ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) wat Vrydag (17/02) gespe is. Kathrada en ander spelers van NCC het die liefdadigheidswedstryd gereël.

Raabia Tofar (links) en Anemay Terblanche, albei kankeroorwinnaars, stap saam met Northern Cape Cricket (NCC) se Zakir Kathrada oor die veld van die Diamant-ovaal in Kimberley voor die aanvang van die vriendskaplike wedstryd ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) wat Vrydag (17/02) gespe is. Kathrada en ander spelers van NCC het die liefdadigheidswedstryd gereël.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hoewel Griekwa-rugbyspelers Vrydagaand (17/01) gewys het daar is baie versteekte talent onder hulle, het die Poubloues die knie gebuig voor Northern Cape Cricket (NCC) in die liefdadigheidswedstryd by die Diamant-ovaal in Kimberley.

Die wedstryd wat deur NCC se Zakir Kathrada en sy spanmaats Warren Bell, Zandré Swartz, Jacques Snyman en Cloete Buitendag gereël is, was ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA).

NCC het die wedstryd, wat in pienk gespeel is, met 32 lopies gewen.

Die krieketspan het die loting gewen en gekies om eerste te kolf, waarna hy 237 lopies vir 9 paaltjies in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken het.

Zandré Swartz (70), Jason Brooker (61) en Cloete Buitendag (20) het veral gehelp om die span se voorsprong te rek.

Dit was die Griekwas se Liam Hendricks (2/55) en RJ Liebenberg (2/27) wat met hul boulaanval beïndruk het en gewys het dat die Poubloues heelwat versteekte talent het.

Griekwas kon ondanks goeie kolfvertonings deur Renier Meyer (39), Wendell Wehr (37) en AJ le Roux (34) slegs 205 vir die verlies van 4 paaltjies aanteken. Marco Booysen, ’n jong kankeroorwinnaar wat die geleentheid gekry het om vir NCC te speel, het paaltjies laat kantel.

Volgens Andries van der Merwe, gemeenskapsmobiliseerder vir KANSA, is duisende rande vir Kansa ingesamel. Kansa het NCC hartlik bedank vir die ondernemingsgees waarin die wedstryd gereël is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.