Kruiper met kunswerkvereer

2016-03-30 06:00
ALFRED SEKUNKWE van Kimberley het dié mosaïekkunswerk van Dawid Kruiper op die mure van die Noord-Kaapse wetgewer geskep. Dié kunstenaar gebruik spesiale teëls wat ligter en makliker is om te breek. Sy grootste uitdaging is om die kunswerk driedimensioneel te maak, en die verhouding tussen die oë, neus en ore te vervolmaak. Hy is veral trots op die sonligstrepe wat hy op Kruiper se gesig en lyf bemeester het. Foto: Charné Kemp

ALFRED SEKUNKWE van Kimberley het dié mosaïekkunswerk van Dawid Kruiper op die mure van die Noord-Kaapse wetgewer geskep. Dié kunstenaar gebruik spesiale teëls wat ligter en makliker is om te breek. Sy grootste uitdaging is om die kunswerk driedimensioneel te maak, en die verhouding tussen die oë, neus en ore te vervolmaak. Hy is veral trots op die sonligstrepe wat hy op Kruiper se gesig en lyf bemeester het. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WYLE Dawid Kruiper se bydrae om die erfenis van die !Khomani-San te bewaar, is pas met ’n pragtige mosaïek-kunswerk van hom by die Noord-Kaapse wetgewer gehuldig.

Kruiper, wat in 2012 op ’n gevorderde ouderdom in Upington oorlede is, sal ook onthou word vir sy tog in 2004 na die parlement en dae lange gewag om met oudpres. Thabo Mbeki oor die behoud van die San se erfenis en grond te onderhandel.

Hy het die VN in 1994 en 1999 toegespreek oor die regte van inheemse volke.

Kruiper, wat homself ook die Ou Ram genoem het, het sy debuut as rolprentster in Jamie Uys se rolprent The Gods Must Be Crazy II gemaak.

Kruiper se mosaïekportret pryk nou tussen kunswerke van plaaslike en nasionale helde soos Nelson Mandela, Oliver Tambo, Mbeki, Sol Plaatje, Joe Morolong en Phakamisa Mabija.

Terance Ball, ’n raadgewer by die Nasionale Leksikografie-eenheid, het gesê Kruiper het sy taal en kultuur beskerm met alles wat hy gehad het.

“Die Boesmans se kennis van die natuur en veral plante was en is steeds hul intellektuele eiendom.

“Hy het geweier om dit verniet prys te gee. Hy was veral passievol oor die behoud van die taal en om dit aan sy nageslagte te leer.”

Die eenheid is besig om die Engelse woordeboek in die Nama-taal te ontwikkel.

Lys Kruiper-Pietersen en Kalai Kruiper, sy dogters, en hul uitgebreide familie het die spesiale geleentheid bygewoon.

Volgens Juanita Beukes, adjunkspeaker, het die wetgewer die kunswerk onthul om Kruiper se nalatenskap te vereer.

“Hy was ’n kampvegter en aktivis, ’n ware seun van die Kalahari-duine.

“Die wetgewer vereer gestorwe helde, wat ’n belangrike rol in die skepping van die demokratiese bestel en menseregte gespeel het, op dié wyse. Ons wil seker maak hulle word nie vergeet nie.”

Die Khomani-San het op 21 Maart 1999 sowat 40 000 ha Kalahari-grond gekry as deel van ’n grondeis.

Sowat 25 000 ha daarvan vorm deel van die Kgalagadi-oorgrenspark.

Die Khomani-San het vruggebruik van die grond en volle erfenisregte.

Kruiper en ander afgevaardigdes het later met Mbeki vergader oor die bestuur van die ses San-plase, die uitskiet van die wild en sy erkenning as tradisionele leier. SANparke het onlangs bykomende wild aan die Khomani-San geskenk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.