Kunstefees vir oulaas by Tuine

2017-08-02 06:02
Gariep KunstefeesFoto:

Gariep KunstefeesFoto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Gariep Kunstefees word vanjaar vir die laaste keer in die Oppenheimer Tuine aangebied.

Die fees groet vanjaar sy tuiste van die afgelope 18 jaar met ’n lag en ’n traan.

Vir duisende besoekers het die besoek aan die tuine en die Gariep Kunstefees ’n jaarlikse hoogtepunt in hul kunsdagboeke geword, met herinneringe aan musiek, kos, kunsartikels en onvergeetlike ritte in die pretpark.

Ná ’n afwesigheid van sewe jaar is die Noord-Kaap Teater weer vanjaar beskikbaar en in die nuwe baadjie beloof die atmosfeer van die teater ’n kunservaring van wêreld-gehalte aan feesgangers.

Vanjaar sluit die fees dié era af met ’n groot konsert om die 18de bestaansjaar in die tuine te vier.

Kunstenaars soos Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en die Soweto String Quartet gaan ’n onvergeetlike vertoning lewer. Bok van Blerk, Robbie Wessels, Katlego Maboe en The Rockets gaan feesgangers op die terrein vermaak en produksies soos Koöperasie-stories, My goeie volk en Ooms met Tobie Cronjé besoek vanjaar die Gariep Kunstefees. Liewe Heksie is vanjaar hier met nuwe avonture in Liewe Heksie en die rolskaatse met Margit Meyer-Rödenbeck. Ander bekende kunstenaars soos Elvis Blue, Mathys Roets en Lizz Meiring is ook te sien.

Spesiale aandag word aan die kunsmark geskenk om nuwe en unieke produkte te vertoon en die fees spog vanjaar met ’n wyntent en spin-a-thon. Die fokus is op gesinsvermaak en die pretpark sal almal jonk van gees van hul oortollige adrenalien help ontslae raak.

Die betrokkenheid en ondersteuning van die sakegemeenskap en regering is van kritiese belang vir die voortbestaan en funksionering van die fees.

Die organiseerders wil graag almal wat vanjaar se fees deur hul bydraes en ondersteuning moontlik gemaak het, bedank en die uitvoerende bestuurder en haar span vir hul deursettingsvermoë en ywer om vanjaar se fees te laat slaag, gelukwens.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.