Kunstenaar ontdek nuwe dinge in die NK

2018-05-23 06:01
Die gospelsanger Neville D se nuwe album Nuwe Dinge word later vanjaar bekend gestel.Foto: Facebook

Die gospelsanger Neville D se nuwe album Nuwe Dinge word later vanjaar bekend gestel.Foto: Facebook

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Bemoedigende boodskap van ’n predikant tydens ’n roudiens in Olifantshoek het ’n gospelsanger se skeppingsdrang só aangewakker dat ’n nuwe trefferliedjie net daar ontstaan het.

Neville D se liedjie “Nuwe Dinge” is so gewild dat dit vandeesweek die 16de plek op die Top 200 van die country- en gospelmusiek se gewildheidslys op iTunes gehaal het.

“Die melodie het by die troosdiens in my kop gekom,” sê Neville D, oftewel Neville Diedericks.

Hy het die liedjie in Desember in ’n regstreekse uitsending op Facebook voltooi terwyl kykers kommentaar gelewer het.

Die liedjie is gegrond op die predikant se woorde dat sy God ’n God van nuwe dinge is.

Die liedjie is op die gelyknamige album Nuwe Dinge wat later vanjaar bekend gestel word.

“Dit het alles net gevloei – die woorde en die deuntjie. Die lied is binne minute geskep.”

Hy sê die boodskap in die liedjie is dat ’n mens enige verandering – hoe groot of hoe klein – moet aanvaar.

“Klein dingetjies wat verander word, kan groot gevolge inhou.

“Ek het byvoorbeeld besluit om meer gesond te leef. Ek het my eetgewoontes verander en begin oefen.

“Ek het 22 kg verloor en ek voel so gesond.”

Dit is ook moontlik vir groter dinge om te verander.

“Suid-Afrikaners moet in vrede en hoop saamleef. Ons moet vir die toekoms leef en ophou om in die verlede vasgevang te wees.”

Sy besoek aan Olifantshoek was sy eerste besoek aan die Noord-Kaap.

“Die landskap is so pragtig. Die rit van Kaapstad deur Kenhardt en Upington was onvergeetlik.

“Die eenvoud is treffend; dit was so ’n werklike belewenis van menswees.”

Neville D, wat op die Kaapse Vlakte gebore en grootgeword het, het teologie studeer.

“Musiek was altyd my eerste liefde,” sê hy.

“Ek het nog nooit iets anders as musiek gedoen nie.”

Hy het op 11-jarige ouderdom geleer om kitaar en klavier te speel.

Hy is die wenner van ’n Dove-oorkonde en was ’n benoemde vir ’n Grammy-eerbewys vir die liedjie “How awesome is our God” wat hy saam met Israel Houghton, ’n bekroonde musikant en kunstenaar, geskryf het.

Neville D het as deel van Houghton se musiekgroep, Israel & New Breed, oor die wêreld heen opgetree.

Musiek was altyd my eerste liefde. Ek het nog nooit iets anders as musiek gedoen nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.