Lae tariefverhogings in begroting wyd verwelkom

2016-04-06 06:00

KIMBERLEY.– Inwoners van die Sol Plaatje-munisipaliteit kon Woensdag (30/03) ’n sug van verligting gee nadat lae tariefverhogings vir die 2016/2017-boekjaar tydens ’n spesiale raadsvergadering angekondig is.

Die uitvoerende burgemeester, rdl. David Molusi, het tydens die ter tafel legging van die begroting gesê dat eiendomstariewe met slegs 4% sal styg, riooltariewe met slegs 4%, vullisverwyderingstariewe met slegs 4% en watertariewe met slegs 4%.

Hoewel dié tariefverhogings goeie nuus vir inwoners van die Diamantstad inhou, is daar egter ’n skerp styging van 7,5%in elektrisiteitstariewe wat wag.

Laasgenoemde verhoging is grootliks weens omstandighede buite die munisipaliteit se beheer en is hoofsaaklik aan Eskom se landwye tariefverhoging te wyte.

Die gemiddelde tariefverhoging sal 4,7% wees.

Molusi het tydens sy begrotingstoespraak gesê dat inflasie na verwagting tot 6,6% sal styg terwyl die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) hoër as 1,7% sal wees in vergelyking met die huidige 0,9%.

Volgens hom is dit egter onrusbarend om te sien dat die prys van sekere voedselprodukte in sommige gevalle reeds tussen 6,9% en 20% gestyg het.

Molusi sê dit is noodsaaklik om ekonomiese groei te bevorder en die negatiewe impak van moeilike ekonomiese tye te versag, sodat inwoners se lewenskoste en die koste verbonde aan handeldryf laag gehou kan word.

Die lae tariefverhogings volg nadat inwoners en sakelui onlangs gekla het dat dit te duur raak om in Sol Plaatjie-munisipaliteit te woon.

Opposisiepartie, insluitend Cope en die DA, sowel as die ANC, het die lae tariefverhogings verwelkom.

Willem Doman, ’n DA-raadslid, het Molusi gelukgewens met die begroting en gesê dit is goeie nuus dat meeste van die tariewe met ’n geringe 4% styg. Hy het gesê dit is ook verblydend om te verneem dat 93% van die Sol Plaatje-munisipaliteit se begroting uit eie fondse gegenereer word. Ronney Morwe, ’n ANC-raadslid, het gesê dat die leierskap van die Sol Plaatje-munisipaliteit lof verdien.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.