Leerling in tugproses

2018-11-07 06:02
’n Skermgreep van die video waarin gesien kan word hoe ’n leerling water oor ’n onderwyser gooi.

’n Skermgreep van die video waarin gesien kan word hoe ’n leerling water oor ’n onderwyser gooi.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Leerling van Kimberley Boys’ High School wat water oor ’n onderwyser gegooi het, word deur tugstappe in die gesig gestaar.

Die voorval het Vrydag (02/11) in Beate Lombard, ’n Engels-onderwyser, se klaskamer gebeur.

Op ’n video wat met ’n selfoonkamera geneem is, kan gesien word hoe staan ’n gr. 9-leerling by Lombard terwyl sy by haar lessenaar sit. Hy het ’n bottel water en gooi van die water oor haar uit. Sy staan op en ruk die bottel uit sy hand. Sy gluur hom aan en verlaat die vertrek terwyl die ander leerlinge geluide maak.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê hulle is oor die voorval ingelig.

“Die skool het reeds met ’n tugproses teen die leerling begin.

“Dié soort gedrag is heeltemal onaanvaarbaar. Ouers moet hul ouerlike plig nakom en goeie waardes aan hul kinders oordra.”

Henk Brand, provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) veroordeel die voorval ten sterkste.

“Dit is kenmerkend van ’n samelewing wat voortdurend aan geweld blootgestel word.

“Dit is tekenend van hoe onderwysers blootgestel word.

“Ons vertrou dat die leerling geskors is hangende die ondersoek en afhandeling van die tugproses en ’n moontlike gepaste sanksie ingestel word.

“Die departement doen nie genoeg om die soort probleme op te los nie.

“Die kwessie word Donderdag (08/11) by ’n raadsvergadering bespreek. Ons versoek ’n afsonderlike indaba om oor oplossings en optrede te beraadslaag,” sê Brand.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.