Lekker om weer te kolf, sê De Kock

2017-10-18 06:02
Quinton de Kock en Hashim Amla stap met breë glimlagte van die veld nadat hulle ’n rekordvennootskap van 282 onoorwonne lopies opgestapel het in die Proteas se sege oor Bangladesj Sondag (15/10) in Kimberley. Foto: Charl Devenish

Quinton de Kock en Hashim Amla stap met breë glimlagte van die veld nadat hulle ’n rekordvennootskap van 282 onoorwonne lopies opgestapel het in die Proteas se sege oor Bangladesj Sondag (15/10) in Kimberley. Foto: Charl Devenish

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die min kolfkans wat hy in die toetsreeks gehad het, het hom die geleentheid gegee om in die nette ’n paar tegniese dinge saam met die kolfafrigter Neil McKenzie uit te stryk.

Só sê Quinton de Kock, wat Sondag (15/10) saam met Hashim Amla met hul 282/0 die een rekord ná die ander opgestel het in Suid-Afrika se sege met tien paaltjies in die eerste eendagstryd teen Bangladesj in Kimberley.

“Ek het maar min kolfkans in die twee toetse vooraf gehad en dit was lekker om ’n slag weer hier te kon kolf. Ek hoop ek kan nou daarop voortbou,” sê De Kock.

Die paaltjiewagter het agt in die Proteas se tweede beurt in Potchefstroom aangeteken en 28* in hul enigste kolfbeurt in die tweede toets in Bloemfontein.

De Kock (168*, 145 balle; 21x4, 2x6) en Amla (110*, 112b, 8x4) het die Tiere se 278/7 op die kolwersparadys – hul hoogste tot nog toe teen Suid-Afrika – sonder inspanning oortref met nog 43 balle oor.

Dit was die soveelste knou vir die toerspan wat net toe hy sy kop gelig het, weer planke toe gestuur is.

“Die kolfblad het makker geraak soos die wedstryd gevorder het. Daar was aan die begin toe ons geboul het ’n bietjie in vir die boulers. Dit het verdwyn ná sowat tien beurte waarna dit harde werk van die boulers geverg het. Dis maar die aard van die blad hier,” sê De Kock, wat as die speler van die wedstryd aangewys is.

De Kock sê hulle het nooit daaraan gedink of besluit hulle gaan probeer om die wedstryd te beklink sonder om ’n paaltjie te verloor nie.

Hy en Amla het net aanhou kolf. Hulle was volgens hom nie bewus van enige rekords wat binne hul bereik was nie.

Die twee het nie net op Suid-Afrika se beste aanvangsvennootskap van 247 verbeter nie, hulle het ook op die 256 verbeter wat die Proteas se hoogste vennootskap om enige paaltjie was.

Dit was ook die beste grondslag tot nog toe om ’n wedstryd met tien paaltjies te beklink.

Hy het lof gehad vir die Tiere wat dié keer goeie weerstand met die kolf getoon het.

“Ek dink hulle het baie goed gekolf, hulle het die toestande mooi opgesom.”

Mushfiqur Rahim het met sy onoorwonne 110 lopies geskiedenis gemaak. Hy was daarmee die eerste kolwer van Bangladesj om ’n honderdtal – in enige formaat – teen Suid-Afrika aan te teken.

De Kock sê die aanvangsbouler Dane Paterson wat erg deurgeloop het in sy debuut, hoef nie sleg te voel nie.

Die tweede eendagwedstryd vind Woensdag in die Paarl plaas.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.