Lughawe kry sonkrag

2016-05-18 06:00
DIE splinternuwe sonkragaanleg by die Kimberley-lughawe. Die aanleg van R13,5 miljoen is op 18 April voltooi en is die tweede in sy soort in Suid-Afrika. Sonkrag word met behulp van 1 620 sonkragpanele en 18 wisselrigters in elektrisiteit omgeskep, wat krag aan die lughawe voorsien. Die aanleg het volgens Jabulani Khambule, die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy se algemene bestuurder van plaaslike lughawens, ’n opwekkingskapasiteit van 500 kWp (kilowatt-piek). Foto: Christiaan Cloete

DIE splinternuwe sonkragaanleg by die Kimberley-lughawe. Die aanleg van R13,5 miljoen is op 18 April voltooi en is die tweede in sy soort in Suid-Afrika. Sonkrag word met behulp van 1 620 sonkragpanele en 18 wisselrigters in elektrisiteit omgeskep, wat krag aan die lughawe voorsien. Die aanleg het volgens Jabulani Khambule, die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy se algemene bestuurder van plaaslike lughawens, ’n opwekkingskapasiteit van 500 kWp (kilowatt-piek). Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE lughawens van Kimberley en Upington het naas die George-lughawe in die Suid-Kaap nou onderskeidelik die tweede en derde lughawens in Suid-Afrika geword wat met hul eie sonkragaanlegte kan spog.

Die sonkragaanleg van R13,5 miljoen by die Kimberley-lughawe is op 18 April voltooi en ’n soortgelyke een by die Upington-lughawe op 20 April.

Albei die sonkragaanlegte het volgens Jabulani Khambule, die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy (Acsa) se algemene bestuurder van plaaslike lughawens, ’n piek opwekkingskapasiteit van 500 kWp (kilowatt-piek), terwyl dié van die aanleg by die George-lughawe effens hoër is op 750 kWp.

Die lughawens in Kimberley en Upington is volgens Khambule daartoe in staat om ’n energie-opbrengs van 927 000 kilowatt-uur (kWh) per jaar te lewer.

Die aanleg in Kimberley beslaan ’n oppervlak van sowat 0,7 ha en sonkrag word met behulp van 1 620 sonkragpanele en 18 wisselrigters in elektrisiteit omgeskep, wat krag aan die lughawe voorsien.

Volgens Khambule wissel die kragopwekkingsvermoë gedurende verskillende tye van die dag en kan die aanleg in Kimberley sowat 90% van die lughawe se krag gedurende spitstye voorsien, wanneer die son op sy helderste skyn.

Die minister van vervoer, Dipuo Peters, het op die inhuldiging gesê dat Kimberley nog altyd “ ’n plek van eerstes” was en dat dit dus gepas is dat die stad van die eerste lughawens in Suid-Afrika is om so ’n sonkragaanleg te kry.

Kimberley was onder meer die eerste stad in Suid-Afrika om straatligte en ’n aandelemark te kry en die eerste in Suid-Afrika waar nagligte by ’n lughawe ingespan is en waar ’n vliegtuig in die nag geland het.

Acsa beoog om teen November 2017 ook die Port Elizabeth-lughawe van ’n sonkragaanleg met ’n opwekkingskapasiteit van 1 500 kWp te voorsien.

Volgens Khambule wil Acsa teen 2030 42% van Suid-Afrika se lughawens met hernubare energie aandryf.

Hy sê die sonkragpanele by die Kimberley- en Upington-lughawens is van Kanada af ingevoer en is van ’n hoë gehalte.

Die aanlegte het glo ’n leeftyd van 25 tot 30 jaar. ’n Goeie onderhoudsprogram deur Acsa behoort die leeftyd van die aanlegte te verleng.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.