LUR loer in by Noord-Kaapse skole

2018-01-24 06:00
Martha Bartlett, die Noord-Kaapse LUR van onderwys, en Joan Venter, skoolhoof van die Hoërskool Noord-Kaap, teken dokumente dat alles die eerste skooldag vlot verloop het.

Martha Bartlett, die Noord-Kaapse LUR van onderwys, en Joan Venter, skoolhoof van die Hoërskool Noord-Kaap, teken dokumente dat alles die eerste skooldag vlot verloop het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Martha Bartlett, die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, sê sy gaan vanjaar sowat 6 000 km deur die provinsie ry om die meeste van die 601 skole te besoek om leerlinge se vordering dop te hou.

Sy het die Laerskool Newton en die Hoërskool Noord-Kaap op die eerste skooldag besoek en leerlinge en onderwysers toegespreek.

Die LUR en haar amptenare wil die gehalte van onderwys verbeter.

Dit volg op die daling van meer as 3% in die provinsie se slaagsyfer in die afgelope matriekeksamen.

Bartlett dring daarop aan dat ouers, beheerliggame, onderwysers en gemeen­skapsorganisasies saam met leerlinge verantwoordelikheid vir goeie vordering en prestasie neem.

“Ons moet almal saamstaan om onderwys te verbeter. Ouers moet hul kinders daagliks vra wat hulle in die skool geleer het en of die huiswerk gedoen is.”

Sy het onderwysers bedank vir hul toegewydheid om jong mense se toekoms te help slyp.

Dit is nie alleen onderwysers se taak om gehalte­onderwys te handhaaf nie, het sy ook gesê.

“Ouers kan nie aan die einde van die jaar kla oor kinders wat druip nie. Ouers en beheerliggame moet gereeld met onderwysers oor kinders se vordering praat.”

Onderwys is die hele gemeenskap se verantwoorde­likheid, het sy gesê.

Sy het leerlinge aange­moedig om nie op te gee in moeilike tye nie.

“As jy druip, is daar altyd nog ’n kans om te probeer. Leerlinge moet deurdruk en volhard. Julle moet van die eerste skooldag af hard aan jul toekoms werk. Julle moet onderwysers respekteer. Sodoende sal hulle julle met respek behandel.”

Sy het gesê dit is onge­hoord dat leerlinge die skool verlaat voordat hulle matriek geslaag het. Die hoeveelheid leerlinge wat nie ’n senior sertifikaat kry nie, is kommerwekkend.

“Jul toekomsdrome om dokters of advo­kate te word, hang van jul toegewydheid af. Ons kan almal saam beter doen.”

Leerlinge en onderwysers moet daagliks stiptelik opdaag en verdaag. Onderwysers moet met integriteit optree. Be­heerliggame moet skoolhoofde en onderwysers verant­woordbaar hou, het sy gesê.

“Die verkiesing van be­heerliggame vind in Maart plaas. Alle betrokkenes moet verseker dat lede gekies word wat werklik in gehalteonderwys belangstel en dit bevorder. Lede moet eerlik en opreg in belang van leerlinge optree.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.