Man skuldig aan moord op sesjarige wat ma beskerm

2018-05-16 06:01
Tefelo Dikole (31) is skuldig bevind aan moord en poging tot verkragting. Foto: Charné Kemp

Tefelo Dikole (31) is skuldig bevind aan moord en poging tot verkragting. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Man wat ’n dapper sesjarige seuntjie vermoor het wat sy ma teen verkragting wou beskerm, is Vrydag (11/05) in die hooggeregshof in Kimberley aan moord en poging tot verkragting skuldig bevind.

Die moord op die seuntjie op 12 Augustus 2016 het die gemeenskap diep getref en hy word as ’n jong held bestempel. Sy naam mag nie bekend gemaak word nie weens die verkragtingspoging op sy ma.

Die hofbanke agter Tefelo Dikole (31), die beskuldigde, was volgepak.

In haar uitspraak het regter Livhuwani Vuma gesê die staat het bewys dat Dikole die seuntjie se ma vroegoggend naby die spoorlyn en proefplaas in Jan Kempdorp aangeval en probeer verkrag het.

Die seun het hom geskop en geslaan om sy ma te probeer red.

Terwyl hy probeer het om Dikole van sy ma af weg te hou, het Dikole sy knie op haar bors gesit en haar romp opgetrek.

Sy kon die aanvaller afweer en het saam met haar ander seun probeer vlug.

Dikole het haar sesjarige seun gegryp en hom twee keer in die lug opgegooi sodat hy op die grond neergeval het.

Daarna het hy hom gewurg en gedra na die spoorlyn waar hy hom met ’n gebreekte bottel doodgesteek het.

Sy ma moes dit aanskou terwyl haar ander seun hulp gaan soek het.

Dikole het geen getuienis aangebied of self getuig nie.

Hy het aangevoer dat hy met iemand anders verwar word en dat hy glad nie naby die toneel was nie.

Hoewel Dikole toegegee het dat die staat moord bewys het, het hy betwis of dit met regstreekse opset was.

Vuma het bevind dat die kind se beserings en steekwonde op die opset om te moor, dui.

“Die kind kon ook aan verwurging gesterf het, of toe hy in die lug opgegooi is en op die grond neergeval het.”

Die ma kon Dikole ook maklik identifiseer omdat sy hom by drie vorige geleenthede opgemerk het en die betrokke dag ’n halfuur lank met hom geworstel het.

Pierre Fourie van Regshulp SA het namens Dikole verskyn. Adv. Mathaise Kgatwe het aangekla.

Die vonnisverhoor is tot 4 Junie uitgestel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.