Meer as 100 tree aan vir vleis-wedloop

2018-11-14 06:01
Anthon le Roux van Van Zyl’s Vleis saam met Frik Guys, die wenner van die Van Zyl’s Vleis 10km-wedloop wat op 10 November gehou is.Foto: Christiaan Cloete

Anthon le Roux van Van Zyl’s Vleis saam met Frik Guys, die wenner van die Van Zyl’s Vleis 10km-wedloop wat op 10 November gehou is.Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Meer as 100 atlete het Saterdag (10/11) aan die Vodacom Kimberley Road Runners-klub se Van Zyl’s Vleis 10 km-wedloop deelgeneem.

Dié wedloop, wat genoem is na die slaghuis in Kimberley se sentrale sakekern wat jaarliks die geleentheid aanbied, het voor dié sakeperseel in De Beersweg begin en geëindig.

Aan die einde van die dag kon daar net een manskampioen en een dameskampioen wees.

Frik Guys van die Run Walk for Life Kimberley-klub het die manswedloop gemaklik in 32:29 gewen.

Hy is gevolg deur Sipho Gole, wat in 36:09 klaargemaak het. Sharlton Kramp het in 36:34 ’n derde plek behaal.

Marianne du Plessis van die Vodacom Kimberley Road Runners-klub is as die vrouekampioen gekroon nadat sy die wedloop in 45:28 voltooi het.

Caitlin Heathcote was tweede in 48:19, en Martha van Zyl derde in 50:06.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.