Merkwaardige lewe in 103 j. vervat

2018-05-09 06:01
’n Karakterskets van Lawrie Shuttleworth wat in 1985 in die plaaslike koerant Noordkaap, susterskoerant van Express Northern Cape, verskyn het.noordkaapland koerant.Foto: Fans Coetzee

’n Karakterskets van Lawrie Shuttleworth wat in 1985 in die plaaslike koerant Noordkaap, susterskoerant van Express Northern Cape, verskyn het.noordkaapland koerant.Foto: Fans Coetzee

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Lawrence Hamilton Gordon (Lawrie­) Shuttleworth, oudburgemeester van Kimberley en vegvlieënier in die Tweede Wêreldoorlog, is Woensdagoggend (02/05) in die ouderdom van 103 oorlede.

Sy gesondheid het enkele weke gelede weens sy ouderdom verswak.

Sy seun, Anthony, en dogter Jennifer Crotty was verlede week pal aan sy sy. Hul suster, Patricia Jordon, het Saterdag (05/05) sy begrafnis by die St. Cyprian-katedraal bygewoon.

Shuttleworth word ook deur agt kleinkinders en ses agterkleinkinders oorleef. Shuttleworth se naasbestaandes woon almal in Amerika en Kanada.

Anthony sê sy pa se eerlikheid, opregtheid en integriteit was bewonderenswaardig.

“Hy het nooit geskroom om sy mening te lug nie. Hy was ook ’n toegewyde en wonderlike pa.

“In sy beroepslewe was Kimberley se ekonomiese welstand en Kimberliete altyd sy grootste voorkeursaak.

“Ek was baie bevoorreg om in Februarie vanjaar baie tyd saam met hom deur te bring en oor sy lewe en avonture te gesels.”

Sakelui het ook hulde aan Shuttleworth gebring.

“ ’n Legende is dood. Lank lewe die legende,” sê Sharon Steyn, bestuurder van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel (Nocci).

“Hy was ’n ongelooflike mens wat op verskeie vlakke ’n geweldige bydrae tot die samelewing gelewer het. Dit was ’n voorreg om hom te ken. Ons sal hom vir ewig en altyd eer.”

Marie Parsons, sakevrou, het Shuttleworth in 1964 ontmoet toe die Rotariërs ’n junior klub begin het.

“Hy was stiptelik en korrek.

Ek kon altyd raad en insig van hom vra. Hy was ’n nederige man, wat sy 100ste verjaardagpartytjie se uitnodigings per hand afgelewer het.”

Shuttleworth en sy vrou, Claudia, wat in 1992 oorlede is, het in 1948 na Kimberley verhuis.

Hy is op 18 November 1914 gebore en het in 1932 aan die Graeme-kollege matrikuleer. Hy was die skool se oudste lewende oudleerling.

Nadat Shuttleworth sy BCom-graad behaal het, het hy eers in Johannesburg klas gegee voordat hy hom in 1939 by die Suid-Afrikaanse Lugmag as deel van die Pirow-opleidingsprojek as vlieënier gekwalifiseer het.

Hy het in die Tweede Wêreldoorlog aan die Oos-Afrika-sending deelgeneem om verkenningswerk te doen en bomme te werp. Shuttleworth het verskeie soorte vegvliegtuie gevlieg.

Hy het ook langs die Suid-Afrikaanse kus gevlieg om Duitse duikbote te bespied. As bevelvoerder van 25 Eskader het hy in 1944 sendings oor die Balkanlande gelei.

Shuttleworth is in sy lugmag­loopbaan twee keer afgeskiet en het ook ’n noodlanding ter see uitgevoer nadat die vliegtuig se enjin onklaar geraak het.

Teen die einde van die oorlog het hy 1 700 vlieguur diens op sy kerfstok gehad en medaljes vir dapperheid gekry. Hy het as luitenant-kolonel uitgetree en die DFC-orde ontvang.

In 1999 was hy die 11de ontvanger van die gesogte goue medalje van die Suid-Afrikaanse Lugmagvereniging.

Shuttleworth was ’n geoktrooieerde rekenmeester en het sy politieke loopbaan in 1956 in Kimberley begin. Hy het van 1968 tot 1994 as raadslid, in 1971 as adjunkburgemeester en van 1972 tot 1974 as burgemeester gedien.

Hy het nooit die ampsmotor gebruik nie, maar aangedring om vir ampsverpligtinge met sy eie motor te ry.

Met sy uittrede as raadslid het hy ’n oorkonde vir sy bydrae tot die stad ontvang.

Hoewel hy nie die sloping van die geskiedkundige Beaconsfield-stadsaal kon keer nie, kon hy die Kimberley-stadsaal en die eerste landdroshof­gebou van sloping red.

Shuttleworth het as burgemeester die vryheid van die stad aan Harry Oppenheimer toegeken, ’n eer wat hom self nie beskore was nie.

Die ANC-beheerde raad van die Sol Plaatje-munisipaliteit het in 2014 aangevoer dat hy in die apartheidsjare gedien het en nie die eer verdien nie.

Daarom het Nocci met sy 100ste verjaardag die Lawrie Shuttleworth-prys vir sakevernuf ingestel om sy lewens­bydrae tot die stad en die provinsie te vereer.

Hy het as ’n aktiewe lid van die Rotariërs die Paul Harris-eerbewys vir sy bydrae tot die organisasie verwerf.

Shuttleworth het ’n groot bydrae tot toerisme gelewer deur verskeie monumente – veral vir lugvaart – te skep, en die tremdiens van die Groot Gat tot by die stadsaal in te stel.

Hy was grootliks daarvoor verantwoordelik dat ou woonstelle van De Beers in die Gumtree Lodge-jeugherberg vir rugsaktoeriste omskep is.

Hy was ook 20 jaar lank registrateur van die Anglikaanse Kerk.

Die man met die bekende snor is in April 2002 deur sy agterkleinneef, Mark Shuttleworth, na Rusland genooi om te sien hoe hy die ruimte in vaar.

In 2006 is Shuttleworth deur die plaaslike koerant Noordkaap, susterskoerant van Express Northern Cape, as Kimberliet van die Dekade aangewys.

Op sy tyd was Shuttleworth die oudste mededingende rolbalspeler in die land en hy is op 99 jaar deur die Kimberley Town-rolbalklub vereer vir ’n halwe eeu se aktiewe betrokkenheid by dié klub.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.