Moordenaar van sesjarige lewenslank gevonnis

2018-06-13 06:00
Tefelo Dikole praat met Pierre Fourie van Regshulp SA.Photo: Charné Kemp

Tefelo Dikole praat met Pierre Fourie van Regshulp SA.Photo: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dit was ’n gruwelike en harte­lose daad om ’n jong seuntjie (6) van sy lewe en vryheid te ontneem, ’n daad wat ook sy onskuldige boetie se lewe verwoes het.

Só het regter Livhuwani Vuma Woensdag (06/06) gesê in haar vonnisuitspraak toe sy vir Tefelo Dikole (31) sewe jaar en lewenslange tronkstraf opgelê het vir onderskeidelik ’n poging tot verkragting en moord.

Dit sal gelyklopend uitgedien word.

Die seuntjie is op 12 Augustus 2016 in Jan Kempdorp met ’n gebreekte bottel doodge­steek toe hy sy ma teen verkragting wou beskerm.

Sy boetie het die voorval gesien.

Die regter kon geen dwingende en wesenlike omstan­dighede vind wat die skaal in Dikole se guns sou laat swaai nie, en hy is die swaarste straf opgelê.

Hy toon nie berou nie en kan nie gerehabiliteer word nie.

Die moord op die seuntjie (wie se naam nie bekend gemaak mag word nie omdat dit sy ma as ’n verkragting­slagoffer sal identifiseer) het die gemeenskap diep geskok.

Toe Dikole gevonnis is, het die tientalle vroue in die galery stille applous gegee en die seun se ma omhels.

Regter Vuma het ook die staat gelas om verdere bera­ding aan die oorlewende seun en die gesin te gee nadat maatskaplike werkers berading aan die gesin gestaak het.

Die ma van die seuntjie het vroeër getuig hoe hul lewe verwoes en hulle van hul geluk ontneem is.

Die oorlewende seuntjie het sy beste maat verloor en kry nagmerries oor die voorval.

“Niemand kan die hartseer begryp van ’n ma wat haar kind moes afstaan nie,” het die regter gesê.

“Ons kon deur haar trane aflei hoe hul lewens vir ewig verander is.

“Nie net moes die ma haar diepste vrouwees vir ’n halfuur lank teen Dikole met ’n gebreekte bottel in sy hand beskerm nie, maar haar seun is vermoor toe hy die man van haar wou afweer.

“Ná die voorval het die oorlewende seuntjie, wat voorheen teruggetrokke en stil was, aggressief geword. Hy het by gevegte by die skool betrokke geraak.

“Dit is sprekend dat dié seuntjie, wat die worsteling en sy broer se moord noodge­dwonge aanskou het, nou die een is wat by gevegte by die skool betrokke raak.”

Niks, nie eens die vonnis nie, kan die pyn en lyding verlig of die herinneringe uitvee nie.

Pierre Fourie van Regshulp SA het namens Dikole verskyn. Adv. Mathaise Kgatwe het aangekla.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.