Myn verkoop sy aandeel in KEM JV

2018-07-18 06:02
Petra Diamonds gaan sy meerderheidsaandeel in die Kimberley Ekapa Mining (KEM JV) verkoop.Foto: Petra Diamonds

Petra Diamonds gaan sy meerderheidsaandeel in die Kimberley Ekapa Mining (KEM JV) verkoop.Foto: Petra Diamonds

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die mynmaatskappy Petra Diamonds het op 5 Julie aangekondig dat hy sy meerderheidsaandeel in die Kimberley Ekapa Mining- gesamentlike onderneming (KEM JV) vir R300 miljoen aan sy vennoot, Ekapa Mining, gaan verkoop.

Petra Diamonds het ’n 75,9%-aandeel in die gesamentlike onderneming, wat die Kimberley- ondergrondse myn, uitgebreide afvoer-herwinnings­programme en die hoë­volume- sentrale behandelingsaanleg in Kimberley insluit.

Volgens die verklaring sal Ekapa Mining dit van Januarie 2019 af in 24 maandelikse paaiemente afbetaal.

Die onderneming sal as ’n lopende saak verkoop word met Ekapa Minerals wat die maatskappy se finansiële, sosiale, werk­nemers-, omgewings-, gesondheids- en veiligheidsverpligtinge oorneem.

Petra Diamonds het in ’n verklaring gesê dat die verkoop van sy meerderheidsaandeel in KEM JV sal help om ’n volhoubare toekoms vir die maatskappy te verseker.

Die maatskappy sal nou op sy hoofbates, die Finch- en Cullinan-diamantmyn, konsentreer en die ope­rasionele risiko van die groep verlaag terwyl hy sy finansiële posisie sal probeer versterk.

In die verklaring sê Petra Diamonds dat die maatskappy beter geskik is om as ’n eienaar-bestuurder op te tree en sy eie bates optimaal te ontgin.

Ongeveer 600 werkers het in September verlede jaar aan ’n loonstaking by die Petra Diamonds Finch-myn deelgeneem.

Die maatskappy moes toe werkers se lone her­onderhandel in ’n tyd dat hy swaar onder skuld gebuk gegaan het.

Petra Diamonds het die afgelope tyd ook gely weens ’n sterker rand, produksievertragings en besendings van sy diamante waarop daar in Tanzanië beslag gelê is.

Die maatskappy, wie se aandele op die Londense beurse genoteer is, het in die afgelope paar jaar meer as die helfte van hul waarde verloor, maar ná die aankondiging met 2,8 persentasiepunte na 55p gestyg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.