Mynafleggings laat misdaad toeneem

2016-09-21 06:00
BY die bekendmaking van die Noord-Kaap se misdaadstatistieke is van links lt. genl. Risimati Shivuri (Noord-Kaapse polisiekommissaris), Norman Shushu (waarnemende premier) en Pauline Williams (LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling). Foto: Emile Hendricks

BY die bekendmaking van die Noord-Kaap se misdaadstatistieke is van links lt. genl. Risimati Shivuri (Noord-Kaapse polisiekommissaris), Norman Shushu (waarnemende premier) en Pauline Williams (LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling). Foto: Emile Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Noord-Kaapse regering en polisie het ingrypingsplanne bekend gemaak om die jongste misdaadstatistieke, wat ’n toename van 1,5% (733 sake) toon, teen te werk.

Sowat 315 bykomende polisiekonstabels gaan in die volgende weke in die Noord-Kaap aangestel word.

Sowat 217 konstabels is reeds aangestel en vakante bestuursposte is ook gevul.

Só het lt.genl. Risimati Shivuri, Noord-Kaapse polisiekommissaris, by die bekendmaking van die provinsie se misdaadstatistieke gesê.

Hy is vol vertroue dat sy versterkte bestuurspan die misdaaduitdagings in die provinsie met ywer sal aanpak.

Die 91 Noord-Kaapse polisiekantore met sowat 7 250 lede het in die afgelope boekjaar 50 251 sake ondersoek.

“Die klein toename wys dat misdaad stabiliseer. Misdaad wat deur polisie-ondersoeke opgespoor word, het met 16,8% afgeneem.

“Moord het met 9,9% afgeneem, maar poging tot moord het met 17,1% toegeneem.

“Moord is in baie gevalle poging tot moord wat te ver gegaan het.”

Van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, was 88,8% manlik en 11,2% vroulik.

Roof het met 6,8% en roof met ’n vuurwapen (veral by snoepiewinkels) het met 6,6% toegeneem, terwyl roof met verswarende omstandighede met 4,1% afgeneem het.

Vragmotorkapings het met 213% (32 sake) toegeneem, en behels etlike voertuie van British American Tobacco. Die meeste motorkapings was in Mothibistad, Kuruman en Kimberley.

Veediefstal het van 1 331 sake tot 1 332 sake toegeneem.

Shivuri sê die statistieke is misleidend omdat boere nie elke voorval aanmeld nie, maar eerder vee wat oor ’n tydperk gesteel word, aanmeld.

Inbrake by huise het met 4,3% toegeneem. Die grootste toename was op Postmasburg en Kathu.

Drank- en dwelmmisbruik bly steeds een van die provinsie se grootste probleme, juis omdat dit misdade teen mense laat toeneem.

Dit is meestal jeugdiges wat by dwelmverwante misdade en inbrake betrek word. Die jongste mens wat in hegtenis geneem is, was 11 jaar oud.

“Ons sien ook misdaad neem in gebiede toe waar daar baie ekonomiese ontwikkeling by boerderye, myne of sonkragaanlegte is.

“Dit sluit Kathu, Kuruman, Postmasburg, De Aar, Carnavon, Kakamas en Upington in. Die afleggings by myne het misdaad laat toeneem,” sê Shivuri.

Norman Shushu, waarnemende premier, sê die polisie moet saam met elke straatkomitee, buurtwag en gemeenskapsorganisasie werk om misdaad teen te werk.

Pauline Williams, LUR vir vervoer en veiligheidskakeling, sê hulle het die Skep veiliger gemeenskappe-veldtog bekend gestel.

“Ons verwag binnekort ’n aflewering van 100 fietse wat reserviste vir patrolliewerk sal gebruik. Ons versoek ouers om hul kinders te alle tye onder volwasse toesig te laat.

“Indien ouers beter na hul kinders omsien, sal ons ’n afname in misdaad sien.”

Sy het polisielede vir hul opoffering bedank.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.