Naweek lok voëls van enerse vere na Mokala

2017-11-01 06:00
Kathy Bain is ’n ywerige voëlkyker van Hartbeespoort. Foto: Christiaan Cloete

Kathy Bain is ’n ywerige voëlkyker van Hartbeespoort. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Diamantveld-streek se ere-veldwagters het van Vrydag 20 Oktober tot Sondag 22 Oktober hul jaarlikse voëlkyknaweek in die Mokala- Nasionale Park suid van Kimberley gehou.

Ongeveer 37 besoekers van oor die land heen het vanjaar se geleentheid bygewoon om meer van die park se voëls te sien en te leer.

Die park bevat ’n wye verskeidenheid spesies wat uniek aan die streek is.

Spesies wat jy in die park sal aantref, sluit die bontkiewiet, rooiborslaksman, boskorhaan, swaelstertbyvreter, fiskaalvlieëvanger, gewone kwikkie en die Kalahariwipstert in.

Dan is daar ook die gompou (die grootste vlieënde voël wat inheems aan Afrika is) en die bedreigde witrugaasvoël wat in Mokala voorkom en daar broei.

Een van die besonderse voëlspesies wat ook daar voorkom, is die eiesoortige dwergvalk wat dikwels in versamelvoëls se neste aangetref word.

Volgens Mathilda Swanepoel, voorsitter van die Sanparke-ereveldwagters se Diamantveld-streek, was die dwergvalk ook vanjaar se tema-voël.

Drie plaaslike voëlkenners, Beryl Wilson, ’n dierkundige by die McGregor-museum, Ronelle Visagie, koördineerder van die Platberg-Karoo-roofvoëlprojek, en Melissa Groenewald, natuurbeampte van die Kimberley-lughawe, het hul wye kennis oor plaaslike voëls met voëlkykers tydens die uitstappies deur die park gedeel.

Daar was egter veel meer as net voëlkyk wat die naweek gebeur het.

Vrydagaand 20 Oktober is gaste tot ’n driegangmaaltyd met “bunny chow” as hoofgereg in die park se restaurant trakteer, terwyl daar Saterdagaand 21 Oktober ook ’n vasvrakompetisie was.

Volgens Johan de Klerk, parkbestuurder by die Mokala- Nasionale Park, word die geleentheid jaarliks deur die ere-veldwagters gehou om geld in te samel wat dan weer in die park se bewaringsaksies teruggeploeg word.

Die ere-veldwagters is ’n span vrywilligers wat stilweg besig is om ’n reuse-impak in veral Mokala te maak.

Die Diamantveld-streek se ere-veldwagters verrig alle moontlike dienste wat in Mokala nodig is.

Hulle is ook betrokke by projekte soos die jaarlikse voëlkyk­naweek en die jaarlikse Mokala Classic-bergfietswedren, wat ook gebruik word om geld vir die park in te samel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.