New Rush laat haar pen haastig gryp

2018-04-04 06:02
Fiona Mcintosh, ’n wêreldbekende fiksieskrywer, het haar navorsing vir haar volgende boek in Kimberley geniet. Foto: Charné Kemp

Fiona Mcintosh, ’n wêreldbekende fiksieskrywer, het haar navorsing vir haar volgende boek in Kimberley geniet. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hier waar Fiona McIntosh op die rand van die Groot Gat na die stad daaragter staar, speel tonele voor haar geestesoog af.

Van vervloë dae toe mans soos insekte oor die kleims agter hul drome aan gekruip het. Haar mond val oop.

“Ek het ’n gat in die grond verwag, maar dis eintlik ’n monster van ’n gat. En Kimberley is nie ’n wilde weste-dorpie nie, maar ’n groot ontwikkelde stad.”

Fiona, ’n Australiese en wêreldbekende kommersiële fiksieskrywer, se volgende boek sal grootliks in 1870 in New Rush (Kimberley se eerste naam) afspeel.

Ons sit diep in die ou leerstoele in die Kimberley-klub, een van die stad se oudste en gesogte instellings. Hier sou slegs mans en diamantbaronne in vervloë dae glasies klink.

Vanmiddag het die sweet haar afgetap, nou blits en stortreën dit daarbuite agter die rooi gepolitoerde stoep.

Sy gaan ’n verhaal skets van ’n meisie wat saam met haar welgestelde ouers van Engeland na Australië seil.

Haar pa ontwikkel egter diamantkoors en die gesin klim in Kaapstad af. Bestemming: New Rush.

“Daar ontmoet die meisie ’n Zoeloe-man, ’n denker wat later ’n rots in haar lewe word. Te midde van die koors wat haar pa beet het, en haar swanger ma wat oor die afgrond kyk, ontvou sekere dramatiese gebeure.”

Jare later keer die meisie, nou ’n vrou, ná die Anglo-Boereoorlog terug.

Die gehug, wat nou Kimberley heet, het in ’n stad ontwikkel met ’n spoorwegnetwerk, telegraafstelsel, poskantore en het ’n luukse Sanatoriumhotel (vandag die McGregor-museum). Sy moet ’n geheim wat in ’n diamant skuil, ontrafel.

“Ek het my besoek aan Afrika vreeslik geniet. Die mense, die kos, die omgewing was ongelooflik.

“Die navorsing is geweldig kompleks. Ek moet oor ’n land, kultuur en tydperk skryf waarvan ek nie veel weet nie. My beskrywings en feite moet korrek wees.

“Steve Lunderstedt, die plaaslike geskiedkundige wat my rondgeneem het, was nog ’n juweel. Daar is niks wat hy nie weet, of nie bereid was om uit te vind nie. Hy het ’n ongelooflike liefde vir die geskiedenis en erfenis.

“Hy het aanmekaar gepraat, en ek het heeltyd geluister. Vrae het tot meer vrae en meer antwoorde gelei.

“Ek wil ’n plek proe, voel, leef ruik en sien. Jy kan nie deurdringend skryf as jy iets nie werklik beleef het nie.”

Net soos in New Rush se dae, is Kimberley en Suid-Afrika steeds ’n smeltpot van kulture en tale.

“Julle het fantastiese kos. Ek is gek na koeksisters. Die bobotie het my nog ontglip. Die geelvis en koningklip was heerlik.”

Sy was reeds twee keer in Amsterdam en Antwerpen waar diamante gesorteer en verkoop word, en twee keer in Hatton Garden in Londen, ’n mekka van juwelierswinkels.

Sy word deur haar neef vergesel wat sy hele lewe vir De Beers gewerk het.

Fiona moet nog baie boeke oor Kimberley en diamante lees voordat sy haar pen in April optel. Die boek sal volgende jaar uitgereik word.

“Min mense weet diamante bestaan uit koolstof wat in hitsige vulkane gevorm is. Iets wat die eerste delwers wat spoeldiamante gevind het, ook nie geweet het nie.”

Fiona was benewens haar besoek aan die Groot Gat-museum by die Africana-navorsingsbiblioteek, die ruïne van die Du Toitspan-nedersetting langs die myn en die begraafplaas daarnaas.

“Dit was verbysterend om tussendeur die grafstene te loop en te lees hoeveel mense in myn­ongelukke dood is.”

By die ruïne het hulle geroeste boeliebiefblikke, siwwe en gebreekte porselein opgetel.

“Ek het die porselein afgeneem en gaan die patroon daarop navors. Die breekware sal deur my karakters gebruik word.

Fiona het ook met onwettige delwers gepraat, juis omdat hulle dieselfde primitiewe metodes as in vervloë dae gebruik.

“Dit is harde, eensame en eentonige werk in moeilike omstandighede. Hulle sif deur grond wat meer as ’n 100 jaar gelede uit die aardkors gekrap is.

“Al wat hulle regop hou, is dat hul drome môre verwesenlik gaan word. En dit in 40 °C!”

Sy het ook die oorsprong van Homo sapiens beleef.

“Ek het in Afrika se grond gevoel hier het ons waarskynlik die eerste keer regop gestaan.”

Die boek se storielyn is nog nie heeltemal ontwikkel nie.

“Ek het net ’n plek, tyd, motief en enkele karakters. Alles wat ek beleef het, gaan nou in my agterkop perkoleer, en oor ’n maand sal die storie homself by my aanmeld.”

Sy neem haar lesers op reise saam met haar.

“My boeke het meesal temas van dinge waarvan vroue hou – parfuum, robyne, sjokolade, laventel, en nou diamante.

“Ek kan egter nie my leser met feite verveel nie. Die tydperk moet in die beskrywings van kleredrag, gebruike en die musiek uitgebeeld word.”

Dit neem sowat 85 werksdae om die eerste weergawe te skryf.

“Ek is gedissiplineerd en skryf net 1 500 woorde per dag. Ek het darem ook ’n lewe – ’n man, kinders, troeteldiere en hoenders wat aandag verg, en ek wil bak.”

Skrywers wat in die midder­nagtelike ure in hul pajamas skryf en nooit eet nie, bekommer haar.

“Dis hulle wat skrywersblok ontwikkel en hulself uitbrand.”

Skryf is ongelooflik verrykend.

“Ek reis baie, en kry bevrediging uit die liefde van my uitgewer en lesers.

“Ek is regtig bevoorreg.”

) The Pearl Thief , haar 36ste boek, word eersdaags uitgereik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.