NK-fees betower

2018-07-18 06:01
Kimberliete het Dinsdag 10 Julie die geleentheid gehad om ietsie van die AfrikaBurn-fees wat jaarliks in die Tankwa-Karoo in die Noord-Kaap gehou word te ervaar. Hier staan ’n “skepsel vanuit ’n ander wêreld” in ’n kostuum langs ’n vuur in die tuin van die William Humphreys-kunsgalery tydens die tentoonstelling van die fees. Foto: Christiaan Cloete

Kimberliete het Dinsdag 10 Julie die geleentheid gehad om ietsie van die AfrikaBurn-fees wat jaarliks in die Tankwa-Karoo in die Noord-Kaap gehou word te ervaar. Hier staan ’n “skepsel vanuit ’n ander wêreld” in ’n kostuum langs ’n vuur in die tuin van die William Humphreys-kunsgalery tydens die tentoonstelling van die fees. Foto: Christiaan Cloete

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Elke jaar ruk duisende skeppende siele na die AfrikaBurn-fees in die Tankwa-Karoo op vir ’n weeklange fees soos geen ander.

Iewers tussen die einde van April en die begin van Mei verrys daar op ’n droë stuk aarde in die semi-woestyn tussen Calvinia en Ceres, ’n “stad” met ongeveer 14 000 inwoners op.

Die fees is geskoei op die gewilde Burning Man-fees wat jaarliks in die Nevada-woestyn in Amerika gehou word.

Dit word aangebied in ’n nie-kommersiële omgewing waar niks gekoop of verkoop mag word nie.

Dit is om ’n gees van mededeelsaamheid te bevorder.

Die organiseerders beskryf dié Karoo-landskap as die doek waarop kunstenaars die geleentheid kry om tamaai beeldhouwerke op te rig.

Die hoogtepunt is wanneer dié beelde aan die einde van die fees in vlamme opgaan.

Die organiseerders en medestigters van die fees was op 19 Julie in Kimberley en het aan inwoners van die Diamantstad ’n voorsmakie gebied waaroor dié fees gaan tydens hul tentoonstelling AfrikaBurn: Blank Canvas Express Show­case.

Dié jaarlikse skeppende kunsfees wat die vryheid van uitdrukking vier, is volgens Monique Schiess, een van die medestigters, deur haarself en ’n handjievol ander mense (wat Lil Black, Paul Jorgenson, Robert Weinek en Michael ’t Sas-Rolfes insluit) begin.

Dit vind sedert 2007 jaarliks plaas en volgens Schiess het dit oor die afgelope paar jaar aansienlik gegroei, soveel so dat die getal besoekers nou beperk moet word.

Sy sê dat hoewel die fees in die hartjie van die Noord-Kaap aangebied word, daar elke jaar slegs ’n handjievol Noord-Kapenaars dié fees besoek, in vergelyking met besoekers van ander provinsies.

“Die pragtige ding van die fees is dat almal wat na die fees kom, iets doen. Dit is spontaan en word heeltemal deur die deelnemers self geskep.

“Of jy nou ’n skinkbord vol koekies bring en dit aan mense uitdeel en of jy iets groters doen soos om ’n reusagtige beeldhouwerk te skep – almal dra tot die fees by,” verduidelik sy.

“Selfs al het jy niks om te gee nie, kan jy net aan mense drukkies uitdeel en hulle sal dit waardeer,” verduidelik Robert Weinek.

Volgens Schiess, ’n wetenskaplike omgewingskundige, word feesgangers aange­moedig om agter hulself op te ruim sodat daar nie ’n teken van die fees in die verlate landskap agterbly nie.

“Een van die enigste tekens wat agterbly is waar die houtbeelde aan die brand gesteek is. Ons probeer om die impak op die omgewing te versag deur die kunswerke wat aan die brand gesteek word elke jaar op dieselfde plek te plaas,” vertel sy.

Daar is ook jaarliks paramedici en brandkundiges by die fees om feesgangers se veiligheid te verseker.

  • Die fees vind in die Stonehenge-privaatreservaat naby die R355 tussen Ceres en Calvinia plaas. Die pad is die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika. Besoek die AfrikaBurn-fees se amptelike webwerf by www.afrikaburn.com vir meer inligting oor hierdie interessante Noord-Kaapse fees.) Werke van Simon O’Callaghan, ’n fotograaf wat dokumentêre foto’s by die fees geneem het, is ook by die William Humphreys-kunsgalery uitgestal.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.