Nog 50 gevalle van listeriose aangemeld

2018-04-25 06:01

Altesaam 50 nuwe gevalle van listeriose is aangemeld sedert produkte wat vermoedelik met die Listeria-bakterie besmet is, op 4 Maart van die winkelrakke verwyder is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is listeriose verlede week by nog agt mense gediagnoseer, terwyl een geval van Oktober 2017 nou eers aangemeld is.

Van die nuwe gevalle is 24 (48%) by kinders van jonger as 28 dae oud aangemeld.

Drie van die gevalle (6%) is onder kinders van een maand tot 14 jaar oud.

Van 1 Januarie tot 17 April is daar reeds 1 019 laboratorium-bevestigde gevalle van die listeriose-infeksie by Nios aangemeld.

Die gesondheidsdepartement het ’n bestuurspan saamgestel om die reaksie op die uitbreking te koördineer en gesondheidstelsels te verbeter om verdere uitbrekings te voorkom.

Finansiering word tans hiervoor gesoek.

’n Bygewerkte listeriose-noodplan is ook ontwikkel en deur die gesondheidsdepartement se direkteurgeneraal goedgekeur.

Die doel van die plan is om die reaksietyd te verbeter, die huidige listeriose-uitbreking te hanteer, en toekomstige infektering te voorkom.

’n Vergadering sou Dinsdag (24/04) en vandag (25/04) tussen Nios en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se tegniese kenners, asook provinsiale en nasionale belanghebbendes (wat gesondheids- en kommunikasiepersoneel, koördineerders van oordraagbare siektes en omgewingsgesondheidspraktisyns insluit), gehou word om die besonderhede van die noodplan bekend te maak.

Die listeriose-uitbreking is verlede jaar op 5 Desember deur dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, verklaar.

Die bron van die dodelike stam van Listeria is as die Enterprise-fabriek in Polokwane geïdentifiseer, wat polonie, Weense worsies en kouevleis vervaardig.
– Christina Pitt, Netwerk24

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.