Nood in langdurige droogte kring uit

2018-06-20 06:01
Noodkrete te midde van die voortslepende droogte in die Boesmanland weerspieël boere en hul diere se nood, terwyl plaaswerkers en sakebedrywighede in dorpe ook ly.   Foto: Charné Kemp

Noodkrete te midde van die voortslepende droogte in die Boesmanland weerspieël boere en hul diere se nood, terwyl plaaswerkers en sakebedrywighede in dorpe ook ly. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Weens ’n droogte van langer as ses jaar lê ’n lang en harde jaar vir boere in die suidwestelike deel van die Noord-Kaap voor.

Die gebiede om Calvinia, Williston, Fraserburg, Sutherland, Loeriesfontein, Namakwaland en die Boesmanland word veral geraak, sê Willem Symington, ’n dagbestuurslid van Agri-Noord-Kaap.

“Die somerreënvalgebied het sedert Maart reën gekry, maar dit was min en teen die einde van die groeiseisoen.”

Indien die winterreënvalstreek reën kry, sal die weiding eers in September begin groei.

“Boere het al tot 60% van hul kudde, en dus hul inkomste, verloor. Ons is uiters dankbaar vir die Noord-Kaapse departement van landbou, wat gereël het dat boere die afgelope drie maande staatshulp in veevoer ontvang het. Dit het geweldige verligting gebring,” sê Symington.

“Sommige boere het ná ses jaar se droogte al hul spaargeld uitgeput en is van lenings afhanklik. As die geldbronne ook opdroog, moet hulle kernkuddes verkoop net om daaglikse lewenskoste en rekeninge te betaal.

“As die droogte voortduur, sal boere veilings moet hou net om kop bo water te hou.

“Die dorpe se ekonomieë en sake­bedrywighede ly ook omdat die koopkrag verswak het.”

Symington is bekommerd oor tydelike plaaswerkers wat weens verlies aan inkomste baie swaar kry.

Intussen skenk die liefdadigheids­organisasie Gift of the Givers veevoer aan boere in Sutherland. Luidens ’n verklaring van die organisasie word 500 bale geskenkte veevoer van die Vrystaat na Sutherland geneem.

Nadat meer as 200 boorgate op­gedroog het, gaan dr. Gideon Groenewald saam met die Gift of the Givers-span na die gebied om nuwe boorgate te laat boor.

Die veekudde om die dorp het met 25% gekrimp omdat diere dood of noodgedwonge verkoop is.

Daar is geen weiding oor nie en dragtige skape aborteer, of lammers vrek ná geboorte.

Meer veevrektes kan volg as die boere nie dringend voer kry nie.

Luidens die verklaring is daar reeds sowat 11 boere wat alles verloor het, en nog 56 wat dalk moet boedel oorgee. Etlike werkgeleenthede het verlore gegaan en werkers ly.

Die organisasie moedig mense aan om lewensmiddele soos kospakkies, komberse, klere, toiletware en skoolbenodigd­hede te skenk.

’n Lys van die soort skenkings wat benodig word, is beskikbaar. Mense wat geld wil skenk, kan die besonderhede op Facebook of die webwerf kry.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.