Nuwe NK-LUR wil munisipaliteite regruk

2018-04-25 06:01
Bentley Vass, Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering.

Bentley Vass, Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Terwyl buitebande gister steeds in sommige Noord-Kaapse dorpe gesmeul het, het die nuwe LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake gesê hy wil munisipaliteite regruk.

Gisteroggend was van die strate in etlike arm woonbuurte van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley afgesper terwyl betogers bande gebrand het.

Later die middag het die inwoners van die Homelite-woonbuurt ná onderhandelinge die klippe van Pnielweg verwyder. Dié gemeenskapsleiers sal vandag met raadslede onderhandel.

Hulle is gegrief oor onder meer ’n gebrek aan water- en elektrisiteitstoevoer, swak dienslewering, onderhoud, paaie en sanitasie, en ’n gebrek aan HOP-huise.

Betogers het vroeër vandeesweek foto’s omhoog gehou van die uitvoerende burgemeester se nuwe Audi Q7-ampsmotor van meer as R1 miljoen waarin hy ook blou ligte mag installeer.

Etlike strate is ook in Pampierstad versper.

Brenda Seoposengwe, organiseerder van die #SavePampierstad-veldtog, sê opstokers het Woensdag en gister hul veldtog gekaap en winkels geplunder.

Die #SavePampierstad-veldtog se optog van Pampierstad na Hartswater oor swak dienslewering vind vandag plaas, sê sy.

Lt. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die paaie om Pampierstad was gistermiddag nog afgesper.

“Winkels is geplunder en 15 mense is in hegtenis geneem.”

’n Man se lyk is in ’n veld gevind en die polisie ondersoek die omstandighede van sy dood, sê Mooi.

Dinsdagaand is verskeie geboue, kantore, werkwinkels en voertuie van die Siyancuma-munisipaliteit in Douglas uitgebrand ná ’n betoging vroeër die dag.

Bentley Vass, LUR, en Bafesile Lenjoe, departementshoof, het op ’n onlangse toer met burgemeesters, speakers en topamptenare van distriksmunisipaliteite en munisipaliteite beraadslaag.

Vass het die gewelddadige betogings veroordeel.

“Mense kan nie munisipale infrastruktuur vernietig nie. Ons moet saam aan oplossings werk. Inwoners moet besef hulle moet hul rekeninge betaal sodat ons dienste kan lewer.

“Ons stem saam dat burgemeesters nie met duur ampsmotors kan ry terwyl gemeenskappe ly nie. Ons sal die ampsmotor-beleid ondersoek.”

Vass sê hy wil nuwe lewe in die mislukte Operasie Skoon Oudit van 2014 blaas. Munisipale finansiële komitees sal ook opleiding ontvang.

Hy sê munisipaliteite moet kritieke poste teen 1 Mei met gekwalifiseerde en bevoegde amptenare vul.

“Munisipaliteite moet ook hul toelaes van die regering aan infrastruktuur bestee. Ek is ontevrede met die Sol Plaatje- en Dawid Kruiper-munisipaliteit wat nie hul toelaes aan infrastruktuur bestee het nie.”

Die Back to Basics-program moet nuwe lewe kry waarin burgers huise en munisipale dienste ontvang en infrastruktuur onderhou word.

“Ons het oor agterstallige Eskom- en waterrekeninge onderhandel.

“Dit is dringend noodsaaklik dat munisipaliteite skuld daadwerklik invorder en hul geld goed belê. Staatsdepartemente moet ook hul munisipale skuld betaal,” sê hy. Bestuurslede moet toesien dat alle oudit-aanbevelings jaarliks streng toegepas word. Korrupsie kan nie meer geduld word nie.

“Regstellende stappe sal teen amptenare gedoen word.

“Politici moet saam met amptenare seker maak dat ouditverslae verbeter. My departement en die tesourie sal hulle bystaan,” sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.