Ongeslypte diamant ontgin

2018-05-02 06:01

’n Jong man van die Galeshewe-township in Kimberley het kort nadat hy in 1985 aan die St. Boniface High School matrikuleer het, by De Beers se Harry Oppenheimer-huis in Kimberley vir ’n werk aangeklop.

Peter Phemelo Moeti het meer as 30 jaar gelede as ’n beskeie vakleerling-diamant­sorteerder daar begin werk.

Vandag is Moeti die vise-president van De Beers Sight­holder Sales South Africa (DBSSSA), De Beers se verkoopsafdeling.

Moeti het Dinsdag 24 April die verstommende verhaal van sy reis as township-kind na grootkop by De Beers aan joernaliste tydens ’n bekendstellingsontbyt by die Harry Oppenheimer-huis in Kimberley vertel.

“Vroeg in 1986 het ek na werk gesoek en van onderneming na onderneming in Kimberley aangeklop tot ek uiteindelik by De Beers se Harry Oppenheimer-huis gekom het.

“Ek het altyd gewonder wat in daai lang gebou aangaan en het toe die sekuriteitswag by die hek gevra wat die mense in die gebou doen.

“Hy het my vertel dat werkers hier diamante sorteer en evalueer.

“Ek het gevra of daar enige vakante poste is en het ’n vorm ingevul,” vertel Moeti.

’n Paar maande later, in September daardie jaar, het De Beers hom teruggeskakel en hom ’n pos as vakleerling-diamant­sorteerder aangebied.

Dit was ’n geleentheid wat Moeti met ope arms aangegryp het en hy het nooit weer teruggekyk nie.

Moeti vertel dat hy in daardie stadium een van enkele swart werknemers was wat vir die maatskappy in Kimberley gewerk het.

Danksy die maatskappy kon Moeti later die wêreld deurkruis en nuwe interessante plekke ontdek terwyl hy werk.

“In 1990 het De Beers my na Londen vir verdere opleiding gestuur.

“Gedurende daardie jare het De Beers ongeslypte diamante in die ope-mark gekoop en hulle het my die geleentheid gebied om by die sorterings- en aankoopspan aan te sluit,” vertel hy.

Moeti is toe na De Beers se sorteringstasies in Angola en Zaïre (vandag die Demokratiese Republiek van die Kongo) gestuur waar hy onder meer geleer het om basiese Frans te praat sodat hy met plaaslike verkopers kon onderhandel.

“In Brazzaville (vandag die hoofstad van die Demokratiese Republiek van die Kongo) is ek geleer hoe om ongeslypte diamante te evalueer en aan te koop.

“Hierdie diamante is daarna na Londen gestuur waar dit nagegaan is, en die transaksie op grond van die gehalte van die diamant teenoor die geld wat daarvoor betaal is beoordeel is.

“In sommige gevalle was dit ’n goeie transaksie, maar in ander gevalle nie so goed nie. So het ek geleer,” vertel hy.

Moeti is later vanaf Brazzaville na Kinshasa, oorkant die rivier, verskuif en het ook na ander plekke in die omgewing gereis.

“Wanneer ’n mens reis, raak jy bewus van die verskille in kulture en plantegroei en ander dinge”, vertel hy van sy reise deur Afrika.

Moeti vertel hoe hy in 1994, tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing, in Kinshasa gestem het.

“ ’n Televisiestasie wou op daardie dag ’n onderhoud met my voer en ek het in gebroke Frans met die joernalis gepraat.

“Ek het nie gedink hulle sou my kon verstaan nie maar klaarblyklik kon,” vertel Moeti.

In 1995 het hy na Kimberley teruggekeer en by De Beers se verkoopspan aangesluit.

Teen die einde van 1998 het De Beers vir Moeti terug na Londen vir bestuursopleiding gestuur.

In 2001 het hy weer na Suid-Afrika teruggekeer toe hy as produksiebestuurder aangestel is. Hy was die eerste swart bestuurder in die maatskappy.

“Ons het pas uit die apartheidsera gekom en ek moes in daardie stadium teenkanting vanuit sommige oorde hanteer,” vertel hy.

In 2004 is Moeti na Johannesburg na De Beers se afdeling vir spesiale projekte gestuur waar hy gehelp het om ’n spesiale projek, ’n akademie om plaaslike mense vir ’n loopbaan in die diamantbedryf op te lei, op die been te bring.

In 2007 het hy na Kimberley teruggekeer waar hy die posisie van operasiebestuurder oorgeneem het.

Hier het hy toesig gehou oor die sortering en evaluering van diamante.

In 2011 het hy ’n pos as hoof van verkope by DBSSSA aanvaar, ’n pos wat hy beklee het tot hy in Oktober verlede jaar as vise-president van DBSSSA aangestel is.

“Dit was ’n reis en ek was bevoorreg om ongeveer elke drie jaar ’n nuwe uitdaging aan te pak,” vertel hy.

Volgens Moeti sou hy graag wil sien dat Kimberley weer tot sy voormalige glorie herstel word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.