Onwettige delwers ‘kan Kby kelder’

2017-12-06 06:01
Die onwettige delwers wat op die KEM JV-mynmaatskappy se grond delf, veroorsaak geweldige skade aan infrastruktuur en die ekologie. Foto: Charné Kemp

Die onwettige delwers wat op die KEM JV-mynmaatskappy se grond delf, veroorsaak geweldige skade aan infrastruktuur en die ekologie. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die onwettige delwers wat sommige mynterreine en uitskothope in die suidooste van Kimberley oorgeneem het, kan die stad en sy ekonomie se ondergang beteken.

Só sê Gert Klopper, die woordvoerder van KEM JV, op wie se terreine daar onwettig en dikwels op gevaarlike maniere na diamante gedelf word.

Dit volg op sy maatskappy se suksesvolle interdik­aansoeke om die delwers van hul mynterreine af te sit.

Volgens Klopper is hulle magteloos totdat die balju die hofbevel, wat deur die appèlhof en die grondwethof bekragtig is, uitvoer.

“Ons bedryf ’n wettige besigheid wat aan verskeie vorme van wetgewing moet voldoen. Die maatskappy hou die uitsluitlike reg om die eiendom en mynterreine wat van De Beers gekoop is, te bewerk.

“Ons onderwerp ons ook aan streng beroepsgesondheidsmaatreëls om mynbedrywighede so veilig as moontlik te doen.”

Hy is onseker of die delwers aan die departement van mynwese se inspeksies onderwerp word.

“Die delwers het van ons gerehabiliteerde terreine opgegrawe en ons rehabilitasiewerk ongedaan gemaak.

“Dit blyk dat die departement van mynwese, die polisie en balju en ander owerhede in die Vrystaat en Gauteng saam werk om onwettige myners se bedrywighede stop te sit, sake te ondersoek en hofuitsprake te kry.

“Dit gebeur nie in die Noord-Kaap nie.

“Ons het delwers verlede jaar geduldig gemaan om nie op ons terreine te werk nie. Hulle het aanvanklik net op die sogenaamde floors, waar diamantryke rots dekades gelede in die son afgebreek het, gewerk.

“In Augustus het hulle bo-op die Boshof- en Kenilworth-uitskothope begin delf.”

Die uitskothope is die maatskappy se lewensaar. Die ontginning hiervan, tesame met ondergrondse bedrywighede, verskaf werk aan meer as 1 000 personeellede.

Sou die myne toemaak, sal dit katastrofiese ekonomiese gevolge vir die stad meebring.

Op 12 September vanjaar het sake gewelddadig geraak.

“Toe ons padboumateriaal van ons eie grond wou gaan haal, het die delwers baie aggressief geraak. Ons is aangeval en het rubberkoeëls afgevuur en pepersproei gebruik.

“Verlede week was daar ook weer twee gewelddadige skermutselings. ’n Hele paar sekuriteitspersoneellede is erg aangerand en moes hospitaalbehandeling kry.

“Ons het al tientalle sake van saakbeskadiging, intimidasie, aanranding, en so meer, by die polisie ingedien. Twee sake het tot by die hof gevorder. Een saak is uitgegooi en een is van die rol geskrap.

“Die delwers maak ons paaie met klippe en takke toe. Ons kan nie ons eie uitskot­hope met vragmotors na die ontginningsaanleg aanry nie.”

Die bykomende sekuriteitsmaatreëls kos miljoene rande. Hulle moet daagliks heinings vervang.

“Werkstoestande vir sekuriteitspersoneel het lewensgevaarlik geword. Kimberliete besef nie die omvang van die probleem nie. Hulle sien net die delwers langs die hoofroetes,” sê Klopper.

“Daar is meer as 1 000 delwers op die mynterreine van Greenpoint, agter om die Bultfontein- en Du Toits­panmyne, die Boshof-aanleg, die Superstone-aanleg, oorkant Hullstraat by die Samaria-pad agter Kenilworth tot aan die onderkant van De Beers se Dronfield-wildplaasmyn.

“Die delwers delf selfs in die toegangspaaie. Hulle grawe diep gate wat hulle nooit toemaak nie, breek bome en knip kilometers se draad af. Ons waterpypleiding is ook stukkend gekap, wat die hele aanleg tot stilstand gedwing het. Elektriese kabels word vir koper gestroop.

“Ten tyde van gewelddadige betogings is etlike voertuie, waaronder private voertuie, beskadig. Vragmotors se bande word stukkend gesny en brandstoftenks stukkend gekap.

“Ons buurman se myntoerusting van R1,5 miljoen is aan die brand gesteek en sy weiding is afgebrand. Die delwers maak wild vrek.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.