Oom Jan van Khomani-San sterf

2017-04-26 06:01
Oom Jan van der Westhuizen  Foto: Karin Brynard

Oom Jan van der Westhuizen Foto: Karin Brynard

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Oom Jan van der Westhuizen (62), ’n Khomani-San-gemeenskapsleier en tradisionele geneesheer van Andries­vale in die Noord-Kaap, is Saterdagmiddag (22/04) oorlede.

Van der Westhuizen, ’n vriend van die Boesmanleier Dawid Kruiper wat in 2012 oorlede is, het volgens sy oudste dogter, Vinkie, die laaste paar maande met respiratoriese probleme gesukkel. Hy is glo omstreeks 13:00 oorlede.

Charl Page, die Khomani-San se batebestuurder wat ook vir Van der Westhuizen goed geken het, beskryf hom as ’n groot rolmodel in die gemeenskap.

“Hy was ’n kenner van medisinale plante en mense het van heinde en verre gereis om oom Jan te kom sien vir raad.

“Hy was ook een van die oudstes in die gemeenskap en baie mense het na hom opgekyk en by hom geleer,” sê Page.

Volgens hom was Van der Westhuizen baie betrokke by die gemeenskap. Hy was onder meer voorsitter van die Boesmanraad, het op die parkekomitee van die Kgalagadi-oorgrenspark gedien en was in 1999 betrokke by die restitusieproses, waartydens ’n gedeelte van sowat 25 000 ha van die Kgalagadi-oorgrenspark aan die Boesmans teruggegee is nadat hulle in die 1930’s van die grond onteien is.

Van der Westhuizen was ook medestigter en mededirekteur van die Khomani Sishen Arts & Crafts-projek.

Vinkie beskryf haar pa as ’n rolmodel met ’n klomp wys­heid en kennis.

“Hy het hier op die duine grootgeword en het baie Boesmankennis gehad.”

Karin Brynard, bekende Afrikaanse joernalis en skrywer wat swaar op Van der Westhuizen se kennis gesteun het en nou saam met hom gewerk het ten tyde van die skryf van haar spanningsroman Tuisland, het Sondag ’n huldeblyk aan Van der Westhuizen op die sosiale netwerk Facebook gelewer.

Brynard se boek handel oor die ontheemding, verlies aan taal, kultuur en menswaardigheid van plaaslike Boesmans, of die San.

Sy het Van der Westhuizen as ’n wonderlike inspirasie en bron van inligting in die lang navorsingsproses vir haar boek bestempel.

“Ek het lang ure met oom Jan onder ’n kameeldoringboom in die Kalahari deurgebring en gepraat oor ou Boesmangebruike en kruiemedisyne, ook die meer magiese van die San se genesingstradisie.

“Rus in vrede, oom Jan. Die wind sal sorg vir die sagte wegvee van jou spore in die Rooi Sand,” het Brynard op Facebook geskryf.

Verskeie mense het hierop reageer.

Van der Westhuizen word oorleef deur sy vrou, Ennie, vyf dogters en drie seuns, asook nege kleinkinders.

Volgens Vinkie sal haar pa waarskynlik in die komende week by Andriesvale in die Noord-Kaap ter ruste gelê word.

Die finale reëlings was teen Sondagmiddag (23/04) nog nie finaal getref nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.