Op én af kafgedraf

2017-11-29 06:02
die Trail de Bourbon op Reunion-eiland aangedurf.Mynhardt and Riana van der Merwe van Modderrivier het onlangs die Trail de Bourbon op Reunion-eiland aangedurf.Foto: Verskaf

die Trail de Bourbon op Reunion-eiland aangedurf.Mynhardt and Riana van der Merwe van Modderrivier het onlangs die Trail de Bourbon op Reunion-eiland aangedurf.Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Paartjie van Modderrivier naby Kimberley het van 19 tot 22 Oktober die moordende Trail de Bourbon-natuurwedloop op Reunion-eiland aan­gedurf en voltooi.

Dié wedloop op die Franse eiland Reunion strek oor ’n bergagtige 111 km waarin daar meer as 6 430 vertikale meter geklim word.

Vir Mynhardt van der Merwe, ’n voormalige kernfisikus, en sy vrou, Riana, ’n dosent aan die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley, was die uitdaging egter nie te groot nie.

Die twee was vir langer as tien jaar kranige bergklimmers voordat hulle na hardloop oorgeskakel het.

Reunion is ’n bergagtige eiland sowat 750 km oos van Madagaskar wat 2 500 km² beslaan.

Die Franse eiland het sy bergagtige reliëf te danke aan vulkane wat uit die Indiese Oseaan verrys het. Daar is drie onaktiewe vulkane op die eiland en een aktiewe een, Piton de la Fournaise, wat in 2007 laas uitgebars het.

Die eiland het strande met palmbome en is deur koraalriwwe en blou strand­mere omring. In die binneland is daar watervalle en woude tussen berge en kranse versteek.

Ongeveer 1 600 atlete het aan vanjaar se Trail de Bourbon deelgeneem en moes vooraf kwalifiseer. Deelnemers moes ook drie weke voor die wedloop mediese toetsing slaag om seker te maak dat hulle gereed is om die reuse-uitdaging aan te pak.

Die wedloop het omstreeks 21:00 op ’n Vrydag in Cilaos, ’n dorp in Reunion, begin en in Saint-Dennis (die administratiewe hoofstad) geëindig.

Die hoogste punt op die roete is by Maido, waar daar 1 200 vertikale meter in ’n kwessie van 11 km geklim word.

Vir die Van der Merwes was die afdraandes (daar is altesaam 7 590 vertikale meters van afdraande) die ergste en het dit later tot vele blase en pyn gelei, veral in die laaste 40 km van die wedloop.

Volgens Riana is dele van die roete so ontoeganklik dat dit net deur voetpaadjies bereik kan word.

Helikopters is gebruik om tente, beddens, tafels, mediese toerusting, kos, drankies, opwekkers en rekenaars na punte langs die roete te vervoer.

“Dit is anders as enige natuurwedloop in Suid-Afrika. Die paadjies is steil met boomwortels en reuse-klippe wat oor die paaie gesaai is, wat dit ’n baie moeilike wedloop maak.

“Die natuurskoon op hierdie paradys-eiland is egter te mooi om te beskryf.

“Ons was al vier keer op die eiland en beplan reeds ons volgende besoek,” vertel Riana.

Mynhardt en Riana het die wedloop in ongeveer 38 uur voltooi. Twee vinnige slapies wat hulle langs die pad geneem het, was glo deurslaggewend in hul sukses.

  • Mynhardt en Riana se kinders, Frances (15) en Hardus (12), is ook kranige natuurwedloop-atlete en het aan die Montafon Arlberg-marathon se 16 km-wedloop in Oostenryk deelgeneem, waar Hardus ’n tweede plek en Frances ’n derde plek in hul onderskeie ouderdomsafdelings behaal het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.