Op ’n galop deur geskiedenis

2018-07-18 06:02
Altesaam 11 ruiters het onlangs ’n her­denkingsperderit van Bloemfontein na Kimberley onderneem en verskeie monumente, asook plekke met geskiedkundige waarde, besoek.Foto’s: Verskaf

Altesaam 11 ruiters het onlangs ’n her­denkingsperderit van Bloemfontein na Kimberley onderneem en verskeie monumente, asook plekke met geskiedkundige waarde, besoek.Foto’s: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Mens begryp geskiedenis op ’n genotlike wyse wanneer jy te perd deur die natuur ry, sê ’n organiseerder van ’n herdenkings­perderit wat op 30 Junie in Kimberley geëindig het.

Altesaam 11 ruiters wat aan die herdenkingsrit deelgeneem het, het etlike monumente en plekke met geskiedkundige waarde tussen Bloemfontein en Kimberley besoek.

Theunis van Staden, organiseerder, sê die idee het ontstaan omdat hy en ’n vriend graag ’n lang perderit wou meemaak.

“Toe monumente ’n paar jaar gelede ’n politieke brandpunt geword het, het ons gedink dit sou lekker wees om te perd tussen monumente te ry om die agtergrond van die erfenisterreine te leer ken.”

Hy wil geen politiek aan die rit koppel nie.

Hy meen perde, wat deur die eeue deur mense oor die wêreld heen gebruik is, bind gemeenskappe.

“Mense het ons oral gul ontvang. Hulle het vir ons plek by hul huise gemaak en perdekampe opgeslaan, selfs op Magersfontein.

“Almal langs die pad was uiters vriendelik. Ons het in die afgelope jare honderde kilometers gery en nog nooit bedreig gevoel nie.”

Van Staden meen dit is belangrik vir sy kinders om die geskiedenis eerstehands op slagvelde en by monumente te beleef.

“Hulle moet weet waar en hoe ons voorgeslagte geleef het. As ’n mens eers jou voorgeslagte en hul stryd om hier te bestaan, begryp, glo ek dit moet moeilik wees om te emigreer en dit alles, waarvoor ons grootjies baklei het, agter te laat.

“Dit maak die rit baie betekenisvol. Baie van die geskiedenis, soos ek in Jacobsdal besef het, het ek ook nie as kind op skool geleer nie. Ons moet keer dat ons inheemse geskiedenis verlore gaan.

“Ek het ook besef ons monumente, veral Suid-Afrikaanse monumente en gedenkstene, is baie verwaarloos. Die Skotse en Kanadese monumente by die Paardeberg-slagveld is byvoorbeeld netjies, maar nie ons eie nie.”

Ander mense wou saam met hulle ry, maar die groep kon weens logistieke uit­dagings nie te groot wees nie.

“Ek dink belangstellendes moet soortgelyke groepe vorm en soortgelyke ritte organiseer.”

Die groep het meestal langs die N8-roete en die spoorlyn van Bloemfontein na Paardeberg gery en van daar grondpad na Jacobsdal en Magersfontein.

Die groep het op 29 Junie per motor van Magersfontein na die Doornbult-konsentrasiekamp naby Hopetown gery waar Rina Wiid, navorser, vir hulle ’n begeleide toer van die kampterrein gegee het.

Hulle het Saterdag (30/06) met die grondpad na Kimberley gery.

As ’n mens eers jou voorgeslagte en hul stryd om hier te bestaan begryp, glo ek dit moet moeilik wees om te emigreer en dit alles, waarvoor ons grootjies baklei het, agter te laat. – Theunis van Staden

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.