Oplossing vir vol skool gesoek

2018-12-05 06:02

Die geskiedenis leer ons dat die ontdekking van goud en diamante in Suid-Afrika ’n ekonomiese ontploffing tot gevolg gehad het.

In Postmasburg het die ontginning van ystererts en die opening van nuwe mynhuise presies dieselfde effek, met die daaglikse toestroming van mense van oor Suid-Afrika heen op soek na werks­geleenthede.

Almal soek gehalte-onderwys vir hul kinders en die Laerskool Postmasburg is die eerste keuse, wat nou letterlik sy hekke sluit omdat die gebou en infrastruktuur nie meer die toeloop van nuwe inskrywings kan hanteer nie.

’n Oplossing blyk haalbaar te wees.

Ouers van nuut ingeskrewe leerlinge vir 2019 is op kort kennisgewing per selfoon­teksboodskap genooi na ’n dringende vergadering op Donderdag 22 November, waarby ’n verteenwoordiger van die Noord-Kaapse onderwysdepartement en koördineerder van toelatingslaat opgedaag het.

“Parents value the education of their children” was die titel van die openingsrede van die aangewese amptenaar van die Upington-distrikskantoor, wat uit die staanspoor nie opgewasse was vir die gespanne vergadering waar ouers op gehalte-onderwys vir hul kinders aangedring het nie.

Die departement ervaar geldelike uitdagings om ekstra mobiele klaskamers by die Laerskool Postmasburg op te rig, wat ook ’n verouderde rioolstelsel het met geen onmiddellike oplossing in die vooruitsig nie.

Mynontwikkeling en son­kragaanlegte rondom die dorp is die hoofoorsaak vir die skool se vinnige groei, wat Lynette Stander, skoolhoof, hande in die hare en rug teen die muur laat, met ouers wat by haar en kringbestuurder Christo Sehako antwoorde soek.

Moontlike oplossings

In samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US) het die departement ’n nuwe toelatingsmodel ontwerp wat in die embriostadium is en verdere probleme en frustrasies tot gevolg het.

Die departement en die skool het ouers ’n oplossing gebied deur die Laerskool Postdene te nader om gr. 1-inskrywings te akkommodeer wat hoofsaaklik in Engels onderrig sal word

Ons moet gehoor gee aan die beleidsvoorskrifte van die departement, was die pleidooi van Stander aan die groep ontevrede ouers wat op toe­lating vir hul kinders vir 2019 by die Laerskool Postmasburg aandring.

Andrew Mejanie, hoof van die Laerskool Postdene, het die ouers se reg erken om hul kinders by die skool van hul keuse te registreer en genoem dat die Laerskool Postdene meer as genoeg plek het en gereed is om in Engels te onderrig.

Ouers se reaksie

Ontstoke ouers wou pertinent weet hoekom plaaslike myn­huise net sommige skole help?

Hierdie praktyke is steeds in Postmasburg sigbaar, met die Hoërskool Postmasburg wat opgeknap is deur ’n plaaslike myngroep, teenoor die Hoërskool Blinkklip en Hoërskool Ratang Thuto waar daar nie eens bordkryt is nie.

Hoekom moet twee openbare skole in dieselfde dorp verskillende toelatingsmodelle gebruik, wat leerlinge wil skei volgens taalkeuse en velkleur, wou hulle weet.

Een ouer wou ook weet hoekom haar gr. 1-kind volgende jaar by die Laerskool Postdene inge­skryf word terwyl sy reeds ’n ouer kind in die Laerskool Postmasburg het, wat vervoerprobleme tot gevolg sal hê.

Die afwesigheid van plaaslike mynhuise, wat grotendeels tot die probleem by die Laerskool Postmasburg bydra, is ook aangeroer.

Een myn doen baie vir die dorp, terwyl die res miljarde se winste uit die dorp vat en die gemeenskap verder verarm, meen inwoners.

Kontrakteursmaatskappye doen ook min of niks wat betref hul maatskaplike verantwoordelikheid teenoor die dorp, en hul almal se kinders is by die Laerskool Postmasburg en ander plaaslike skole, is die algemene gevoel.

Die departement se reaksie

Ons is in ’n nuwe dispensasie en moet strewe na gehalte-onderwys in skole, vir alle leerlinge, meen die departement.

Ouers behou die reg om hul kinders by die skool van keuse te registreer.

Die Laerskool Postdene is die onmiddellike oplossing tot die Laerskool Postmasburg se groeiende leerlingtal totdat die departement vir ekstra mobiele klas­kamers by die skool geld het.

Die pad vorentoe . . .

Plaaslike mynhuise en sonkrag­aanlegte, in samewerking met die onderwysdepartement en alle belanghebbendes, sal om ’n tafel moet sit om nog ’n skool in die afsienbare toekoms in Postmasburg te bou.

Die gehalte van onderwys in Postmasburg moet in ’n mate gestandardiseer word om leerlinge gelyke kanse te bied.

Die kwessie by die Laerskool Postmasburg was lankal duidelik en is net nog ’n bewys van swak administrasie en bestuur van openbare geld in staatsdepartemente om dienslewering na die mense te bring.

Die departement is geen uitsondering met betrekking tot swak administrasie en dienslewering nie, met skole en hoofde wat frustrasies het met distrikskantore as dienspunte.

Die boodskapdraer van die departement het laat aangekom by ’n vergadering wat die departement beroep het, wat ’n swak indruk laat by ouers met wie hulle nou brûe wil bou.

Ouers het die reg om aan te dring op gehalte-onderwys in Postmasburg, maar moet tred hou met die werklikheid: Die Laerskool Postmasburg is vol.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.