Oud en jonk word fiks by parkrun

2018-09-12 06:01

Hulle sê somerlywe word in die winter gemaak, maar vir diegene wat dié winter slap gelê het, is dit nou tyd om die wintervetjies te laat wegsmelt en jou lyf vir die somer reg te ruk.

Met die lente wat aangebreek het en temperature wat geleidelik warmer word, kom Kimberley se gemeenskap nou stadig maar seker uit hibernasie gekruip en word meer mense by die weeklikse Kimberley-parkrun verwag.

Die gewilde weeklikse 5 km-wedloop vind Saterdae om 07:00 in die Rooifontein-natuurreservaat, langs die R64 na Boshof plaas.

Volgens Hermien Lamprecht, ’n organiseerder van die parkrun, is dit gratis om deel te neem en jonk en oud, vinnig en stadig, is welkom.

Lamprecht sê: “Paul Sinton-Hewitt, die stigter van park­run, het eenkeer gesê die idee agter parkrun was om dit so inklusief as moontlik te maak.

“Dit is veronderstel om mense aan te moedig en te ondersteun en om struikelblokke wat hulle verhoed om aktief te wees uit die weg te ruim. Dit is presies waarna Kimberley-parkrun ook streef.

“By die parkrun spoor vreemdelinge mekaar aan om hul beste te doen. Dit is ook ’n plek waar vreemdelinge vriende raak,” sê Lamprecht.

Die eerste Kimberley-park­run wat op 23 Maart 2015 met net 157 drawwers en stappers begin is, het gegroei met onlangse park­runs wat meer as 400 mense getrek het. Saterdag (15/09) sal die Kimberley-parkrun vir die 185ste keer gehou word.

Die Kimberley-parkrun begin stiptelik om 07:00 naby die hoofingang na die wildsplaas en volg die hoofgrondpad na die plaas. Genoeg veilige parkeerplek is beskikbaar.

Deelnemers moet hulle eenmalig by http://www.park­run.co.za/register registreer.

Tye van deelnemers word weekliks op die webtuiste publiseer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.