Ouers ontroosbaar

2016-01-27 06:00
DIE ou vrieskas waarin die vyf kleuters Dinsdagmiddag vermoedelik versmoor het.

DIE ou vrieskas waarin die vyf kleuters Dinsdagmiddag vermoedelik versmoor het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n TREURSPEL het hom Dinsdagmiddag (19/01) in Kakamas afgespeel toe vyf kleuters tussen die ouderdom van drie en sewe jaar in ’n ou vrieskas versmoor het.

Volgens kapt. Jacques September, woordvoerder vir die polisie in Upington, was die vyf kleuters Dinsdag in die sorg van een van die kinders se ouma terwyl hul ouers gewerk het.

Die kinders se ouers het Woensdagoggend hartverskeurend by die huis van Maria Mkhonto gehuil terwyl hulle oor die gebeure van die vorige middag gepraat het.

Volgens Mkhonto wou Adrian Majiedt (7), sy boetie Jamian (3), Elzaan Johnson (5) en haar boetie Elridge (3) en hul niggie, Anastasia Majiedt (3), Dinsdag na die kinderbondverrigtinge by hul kerk gaan.

Mkhonto sê sy het die kinders gevra om huis toe te gaan terwyl sy suurdeeg na ’n buurvrou oorkant die pad neem. Sy sou hulle dan netjies kom aantrek vir kerk en was glo vir net ’n paar minute weg.

Volgens Mkhonto het sy terug by die huis haar baksel in panne gesit en besef “iets is fout”. Dit was net ná 16:00.

“Die kinders was skielik net stil en ek het na hulle begin soek.”

’n Grootskaalse soektog is deur die familie en vriende in die straat begin.

Sy het omstreeks 17:00 Adrian se ma, Adriana, geskakel om te sê sy kry nie die kinders nie.

“Iets het vir my gesê om by die vrieskas in die agterplaas te gaan kyk,” het ’n verpletterde Mkhonto gesê.

Volgens Mkhonto het sy gesukkel om die vrieskas oop te kry. Die vrieskas het ’n knip aan die deksel.

Mkhonto het die kinders gekry waar hulle bo-op mekaar gelê het. Die driejariges was onder en die groter kinders bo.

“Ek het inmekaargesak en gedink ek raak mal. Ek het net geskree: ‘Here, kom help my.’ Dit het gelyk asof hulle rustig aan die slaap geraak het,” sê Mkhonto.

Haar bure het ná die ambulansdienste ontbied is en nie opgedaag het nie, met die kinders na die hospitaal in Kakamas gejaag. Die vyf kleuters is by die hospitaal dood verklaar.

’n Geregterlike doodsondersoek is deur die polisie geopen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.