Pragfotoboek oor Kimberley op die rak

2018-01-24 06:01
Die omslag van die boek Inside Kimberley. Foto: Charné Kemp

Die omslag van die boek Inside Kimberley. Foto: Charné Kemp

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die stad van dromers, offisiere wat uit die weermag gedros het, matrose, vals aristokrate, teatermaatskappye en vele kwakke.

Dit is die Kimberley van ouds wat nou in ’n koffie­tafelboek verewig is.

Inside Kimberley deur Paul Duncan (skrywer) en Alain Proust (fotograaf) vertel van een besoeker in toeka se tyd wat Kimberley se stowwerige strate verag het vir die vlieë, die stank van goedkoop brandewyn en verpotte vleis, asook gebrek aan ’n enkele boom.

Hierdie boek wat die stad se ryke geskiedenis met indrukwekkende foto’s en poëtiese beskrywings uitbeeld, is ’n pragstuk, sê Shirley James, hoof van die Africana-navorsingbiblioteek.

Dit is onlangs deur Africa Press uitgegee.

Die hart van dié geskiedkundige navorsingsbiblioteek met sy indrukwekkende versameling boeke en gietysterspiraaltrap pryk op die voorblad van die nuwe boek. Dit was dekades lank die Diamantstad se enigste openbare biblioteek.

James sê dit is ’n pragtige koffietafelboek en unieke geskenk.

“Die fotografie is fantasties en dit het baie werk geverg om die feite en geskiedenis op te teken.

“Kimberley het ’n rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika gespeel. Die stad was die eerste in die Suidelike Halfrond wat elektrisiteit gehad het, en het ook die land se eerste aandelebeurs gehad.”

In sy voorwoord sê Jahn Hohne, uitvoerende hoof van KEM JV en Ekapa Mining, dat hy die vyfde geslag is wat sy bestaan uit diamante maak.

“My oupa-oupagrootjie se broer, Friedrich Kaufmann Höhne, het as sekretaris namens pres. Brand na die diamantvelde gekom om die wettelose delwers met regulasies in toom te hou, en staatsinkomste te in. Sy stories het my oupa-oupagrootjie waarskynlik geïnspireer, want hy het in Kimberley na sy fortuin kom soek.”

Danksy sy lojaliteit aan die stad het hy die skrywer genader om Kimberley deel van hul reeks boeke te maak.

Die eerste twee is Hidden Johannesburg en Hidden Cape Town.

Hohne sê Kimberley was die verlore skakel in die reeks. De Beers het ook baie tot die boek bygedra.

Steve Lunderstedt, plaaslike skrywer en geskiedkundige, het die skrywer en fotograaf deur Kimberley se skatte gelei.

Duncan beskryf hoe Lunderstedt vier dae lank van dagbreek tot sononder elke deur van interessante geboue vir hulle oopgemaak en aan deskundiges voorgestel, asook etlike vreemde staaltjies vertel het. Ander het weer die begin van lugvaart, prag en praal en moderne argitektuur bewonder.

Die stad se bydrae tot die verdere ontwikkeling van suidelike Afrika en sy inwoners wat gehelp het om van apartheid ontslae te raak, word deeglik belig.

Volgens Duncan het die stad baie onvoltooide sake.

“Die grens tussen die hede en verlede is soos ’n sif.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.