Premier belowe beter diens

2018-10-17 06:00
Martha Bartlett (LUR van Onderwys), Sylvia Lucas (premier) en Nirman Shushu (LUR vir Landbou) het die JTG-streek besoek. Foto: Lecrecia Prins

Martha Bartlett (LUR van Onderwys), Sylvia Lucas (premier) en Nirman Shushu (LUR vir Landbou) het die JTG-streek besoek. Foto: Lecrecia Prins

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Gesondheidsorg, dwelmmisbruik en die gebrek aan diens deur die polisie is van die kwessies waarvan inwoners van Wrenchville vir Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, met haar besoek aan die streek vertel het.

Lucas, saam met lede van die uitvoerende komitee, het op Donderdag 4 Oktober na die inwoners gaan luister.

Die uitvoerende komitee het die verskillende nedersettings rondom Kuruman en Kathu besoek.

Een van die mees dringende kwessies is die streek se gesondheidsdiens.

Inwoners het oor die diens by onder meer die Kuruman-hospitaal en die Tshwaragano-hospitaal in Batlharos gekla.

Volgens inwoners is daar nie genoeg toerusting vir die mediese personeel om pasiënte te ondersoek nie.

By die Kuruman-hospitaal is daar byvoorbeeld net drie beddens vir pasiënte in ongevalle.

Margaret White, ’n afgetrede verpleegster, sê sy kry slapelose nagte as sy dink aan hoeveel ou mense daar in Wrenchville is wat moet sukkel om by die hospitaal uit te kom om medisyne te kry. Die kliniek is in September 2016 deur betogers afgebrand.

Die inwoners was dit eens dat gesondheidsorg in die hele John Taolo Gaetsewe-streek ’n ramp is. Hulle wou weet wat die korttermyn- en langtermynoplossing vir die probleme is.

Steven Jonkers, die hoof van gesondheid, was ook in die vergadering en het eerstehandse inligting oor die probleme in die department gehoor. Lucas het opdrag gegee dat daar oplossings vir die probleme gevind moet word.

Sy het aan die inwoners gesê sy sal uitvind wanneer die kliniek in Wrenchville weer heropen kan word, maar weet dat die kliniek beskadig is en herstelwerk gedoen moes word.

Van die inwoners het ook gevra die regering moet toesien dat buitelanders nie kos waarvan die vervaldatums verstryk het, moet verkoop nie.

Nog ’n groot kwessie was die diens van die polisie.

Inwoners kla oor te min polisielede by die kleiner polisiekantore wat groot gebiede in die nedersettings moet bedien. Soms bly daar net een lid by die polisiekantoor oor en soms is die persoon boonop ’n vrou. Dit is vir haar gevaarlik.

In Wrenchville is taal soms ’n probleem omdat die meeste polisielede net Engels of Tswana praat.

Lucas het belowe om met die provinsiale polisiekommissaris te praat om ’n imbizo in hierdie woonbuurt te hou sodat die inwoners oor hul probleme met die polisie kan praat.

Lucas het gesê sy is baie bekommerd oor die dwelmprobleem oor die hele Noord-Kaap heen.

“Die Noord-Kaap is die deurgang vir dwelms na onder meer Namibië, Kaapstad en Gauteng. Die mense wat dwelms verkoop se kinders gebruik nie dwelms nie, maar hulle vernietig die lewe van ons kinders.Die grootste probleem is tik, maar ons sit lank reeds met ’n dwelmprobleem toe dagga en Mandrax in ons provinsie gekom het, ons wil dit net nie hoor nie.”

Oor die biblioteek in Wrenchville het Lucas gesê sy sal kyk dat ’n mobiele biblioteek opgerig word omdat kinders moet leer.

“Die versekering het net R3 miljoen uitbetaal en dit kos R17 miljoen om ’n biblioteek te bou,” sê sy.

Lucas het ook die behuisingsnood aangespreek.

Daar is 300 huise wat in die woonbuurt gebou gaan word, en ou mense wie nog nooit voorheen ’n huis besit het nie, sal voorkeur kry. Daarna sal getroudes ouer as 40 jaar oorweeg word.

Lucas het ook gesê die plaaslike regering moet sy verantwoordelikheid opneem en só diens aan die gemeenskap verskaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.