Reënval glo die rede vir uitstel

2018-04-18 06:00
’n Satellietfoto van diepsigiatriese hospitaal.Foto: Google Earth

’n Satellietfoto van diepsigiatriese hospitaal.Foto: Google Earth

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke kon ondanks beloftes nie die omstrede psigiatriese hospitaal buite Kimberley op 31 Maart voltooi nie.

Die departement gee onlangse reënval en die Sol Plaatje-munisi­paliteit se onder­breking van watertoevoer die skuld vir die oponthoud met die voltooiing van die gebouekompleks.

Intussen eis die DA antwoorde op waarom die kompleks van R2 miljard (wat al 12 jaar in aanbou is) nie voltooi is nie.

Melissa Hattingh, DA-lid van die provinsiale wetgewer (LPW), sê in ’n verklaring dit is hoog tyd dat Mxolisa Sokat­sha, LUR, eerlik is.

“Die departement het vroeër vanjaar aan die parlementêre staande komitee gesê die gebou is 100% voltooi, maar dat haakplekke reggestel word,” sê Hattingh.

“Volgens die departement was die haak­plekke glo 70% voltooi. Sokatsha skuld almal ’n verduideliking oor wat verkeerd geloop het. Niemand weet wanneer die departement sy munisipale skuld gaan betaal nie, wat die oorhandiging van die nuwe hospitaal in die gedrang bring.”

Chrystal Robertson, woordvoerder van die departement, sê die spertyd is weens die buitengewoon hoë reënval nie gehaal nie.

“Die munisipaliteit se onlangse onderbreking van watertoevoer vir vyf dae het die herstelwerk ook benadeel,” sê Robertson.

Die departement onderhandel met die munisipaliteit oor agterstallige erfbelasting en munisipale diensgeld.

“Dit sal egter nie die opening of dienslewering benadeel nie.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.