Ridders van teer en grond se paaie kruis

2017-11-15 06:00
Frikkie Moller (links) was die eerste man op ’n padfiets oor die eindstreep. Saam met hom is Willem Uys van Lion Roars Adventures, wat die wedren aangebied het. Foto: Verskaf

Frikkie Moller (links) was die eerste man op ’n padfiets oor die eindstreep. Saam met hom is Willem Uys van Lion Roars Adventures, wat die wedren aangebied het. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dit is nie aldag dat padfietsryers en ­bergfietsryers aan dieselfde tafel sit nie, maar Saterdagoggend (11/11) het hierdie voëls van verskillende vere saamgekom vir die Roadies vs Mounties-fietswedren by Kimberley.

Die gesamentlike pad- en bergfietswedren, wat ten doel gehad het om fietsryers wat hierdie afsonderlike terreine bemeester het bymekaar te bring, het naby die Horseshoe Inn begin en geëindig.

Padfietsryers en bergfietsryers het gelyk­tydig weggespring en op die N12-hoofweg, in die rigting van Kaapstad, beweeg.

Terwyl die bergfietsryers ná ongeveer 20 km by Langberg afgedraai het en ’n gedeelte van ongeveer 20 km op grond afgelê het voordat hulle die 20 km lange opdraande na Kimberley aangedurf het, het die padfietsryers reguit op die N12 aangehou en ná 30 km omgedraai. Albei die groepe het ’n afstand van ongeveer 60 km afgelê.

Frikkie Moller was die eerste man op ’n padfiets oor die wenstreep, terwyl Elmien Vorster die eerste vrou op ’n padfiets was wat klaargemaak het.

Gareth van Vuuren was die eerste man op ’n bergfiets om klaar te maak en Marizaan le Roux die eerste vrou op ’n bergfiets oor die eindstreep.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.