Sampson eerste keer op dié fees

2016-07-06 06:00

VICKY SAMPSON is een van daardie sterre wat dikwels as internasionaal beskou word. Sy is egter trots Suid-Afrikaans.

Sampson is vanjaar op Saterdag 3 September om 20:00 die eerste keer op die Gariep Kunstefees te sien. Die vertoning is op die Gariep-verhoog.

Haar loopbaan het sowat twee dekades gelede begin met haar televisie-debuut in Soft Shoes, waar die organi­seerders van Follow That Star haar raakgesien het. Die res is geskiedenis.

Vicky het al in ’n wye verskeidenheid van genres gewerk, wat kabaret en musiekekstravaganzas, asook radio- en televisie-insetsels, insluit.

Haar veelsydigheid het haar al na onder meer Botswana, Swaziland en selfs Mmabatho geneem. Sy het eindelik in die Goudstad uitgekom, waar die Tusk-platemaatskappy haar in 1992 opgeraap het.

Daar is vele hoogtepunte in haar loopbaan, maar die toppunt hiervan is ongetwyfeld haar sukses met die liedjie “African Dream” in 1996. Hierna het sy eerbewyse soos Beste Liedjie van East Coast Radio, die NTVA se silwereerbe-wys vir Beste Video en ’n internasionale Midem-benoeming vir die video gewen.

Die liedjie het haar wêreldroem verskaf en sy het in Oostenryk, Engeland, Duitsland, Singapoer, Swede, Nederland en Amerika met die album getoer. Sy bly deur die jare gelief en haar “African Dream” bly ’n inspirasie vir ons land.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.