Sentrum ly groot skade in brand

2018-04-04 06:04
Hierdie twee vertrekke is al wat oorgebly het van die Emmanuel-dagsorgsentrum nadat ’n brand weens ’n kortsluiting hier uitgebreek het.Foto’s: Lecrecia Prins

Hierdie twee vertrekke is al wat oorgebly het van die Emmanuel-dagsorgsentrum nadat ’n brand weens ’n kortsluiting hier uitgebreek het.Foto’s: Lecrecia Prins

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Al het die Emmanuel-dagsorg­sentrum so te sê alles in ’n brand verloor, het die onderwysers nie hoop verloor vir die toekoms van die sentrum nie.

’n Brand het op Maandag 19 Maart omstreeks 20:30 by die skool ontstaan nadat weerlig vermoedelik ’n kortsluiting veroorsaak het.

Toe Maria Forster, een van die onderwysers en stigterslid, by die sentrum aankom, was dit deur vlamme verswelg.

’n Buurvrou oorkant die skool het, toe sy die brand opmerk, die Kuruman-buurtwag en die brandweer gebel.

Lena Moos, bestuurder van die sentrum, sê toe sy by die sentrum kom, was al die klaskamers in vlamme.

“Dit is hartseer om te sien dat die geskiedenis van die skool alles weg is. Al ons sertifikate en eerbewyse wat ons gewen het, is vernietig. Die klavier wat ons gehad het, is verbrand, asook die groot fotostaat­masjien,” sê Moos.

Sy sê die kinders se kunswerke en opvoedkundige speelgoed is ook alles in die brand vernietig.

“Maar ons het nog hoop. Wanneer die skoolvakansie verby is, gaan ons aan soos gewoonlik. Ons sal van voor af moet begin en gebruik moet maak van die geriewe wat ons oor het.”

Moos sê van die kinders is net so hartseer dat hul skool gebrand het.

Die gebou is ’n sinkstruktuur, daarom kon hulle nooit versekering daarop uitneem nie, sê Moos.

“Ek hoop dat ons hulp van mense sal kry om hierdie keer ’n skool van stene te bou.”

  • Ondanks die hartseer het die kinders Donderdag (29/03) steeds aan ’n Paaseiersoektog deelgeneem en die lekkernye wat hulle opgespoor het, geniet.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.