Sentrums se sukses in navorsing erken

2017-02-08 06:01
Mika Andonio, ’n onderwyseres aan Caritas Gemeenskapsfokus se vroeë kinderontwikkelingsentrum in Platfontein buite Kimberley, sing Kersgesange en ander liedere saam met leerlinge. Van die liedere word in drie tale gesing. Foto: Emile Hendricks

Mika Andonio, ’n onderwyseres aan Caritas Gemeenskapsfokus se vroeë kinderontwikkelingsentrum in Platfontein buite Kimberley, sing Kersgesange en ander liedere saam met leerlinge. Van die liedere word in drie tale gesing. Foto: Emile Hendricks

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In die nuutste navorsing oor Caritas-gemeenskapsfokus se vroeë kinderonderontwikkelingsentrums in die Noord- Kaap­ en Noordwes is bevind dat die waarde en veral onverwagte voordele nie onderskat kan word nie.

Ds. F.D. Hugo, uitvoerende hoof van Caritas-gemeenskapsfokus, sê hy en die span is aangenaam verras deur die navorsingsbevindings en die aanbevelings wat gemaak is.

“Daar is soveel meer wat ons nou kan bereik,” sê hy.

Caritas-gemeenskapsfokus, die NG Kerk in Noord-Kaapland se organisasie vir maatskaplike werk, help plaaslike gemeenskappe om die sentrums te bedryf.

Caritas, in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling en die Custoda-trust, help om onderwysers (waarvan sommige uit die betrokke gemeenskappe kom) op te lei en indiensopleiding te gee.

“Die sentrums behoort aan gemeenskapsgroepe wat as nie-regeringsorganisasies geregistreer is en samewerkingsooreenkomste met ons het.”

Caritas bedryf sentrums in sy sinodale gebiede in Platfontein, Jan Kempdorp, Marchand, Augrabies, Warrenton, Vanwyksvlei, Postmasburg, Britstown, Strydenburg, Hopetown, Vryburg, Piet Plessis en Stella.

“Die navorsing moes bepaal of ons die verlangde resultate bereik. Die verslag is grootliks positief. Een aanbeveling is om geletterdheidsklasse vir volwassenes aan te bied. Die geriewe wat reeds bestaan, kan goed benut word.”

Judith de Villiers, programbestuurder van gemeenskaps­ontwikkeling, sê hulle het die program vyf jaar gelede in samewerking met plaaslike gemeenskappe en gemeentes begin.

“Die eerste klaskamers in Strydenburg was in ’n onbewoonde huis van die Tuiste vir Ouer Persone. Almal het ingespring om te help. Boervroue het gordyne gemaak en ander het die klaskamers uitgeverf,” sê sy.

“Die gemeenskap het gou-gou hul kinders by die vroeë kinderontwikkelingsentrum ingeskryf. Ons het met 15 kinders begin. Die skool is nou vir 91 leerlinge geregis­treer en het steeds ’n waglys. Daar is wonderlike stories.”

’n Blinde ouma het haar kleinkind op haar rug met begeleiding na en van die skool gebring. ’n Donkiekar vervoer kinders skool toe.

In Hopetown het die NG gemeente hul katkisasievertrek beskikbaar gemaak. In Postmasburg het die gemeente ’n albino-meisie gehelp om ’n bril te kry.

“Erg verwaarloosde en gemolesteerde kinders met spesiale behoeftes word beveilig en na spraak- en arbeidsterapeute verwys.”

Die kinders bring ook verandering na hul huis. Hul ouers moet nou voor ete bid. Almal moet hul hande was voor ete en nadat hulle die toilet gebruik het.

“Ons is verskriklik trots op ons eerste groep kinders, nou in gr. 4, wat die presteerders op skool is,” sê De Villiers.

“Hoe gouer plattelandse welgestelde en armer gemeenskappe saamwerk, hoe meer volhoubaar sal die gemeenskap in die geheel word.

“Indien arm en welgestelde kinders saam ontwikkel en groei, sal die verwydering algaande kleiner en ge­meenskappe meer suksesvol word.

“Navorsing toon dat elke rand wat aan ’n kind se ontwikkeling bestee word, baie meer dividende meebring as byvoorbeeld ’n sentrum vir dwelmverslaafdes.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.