Skors 2 hoës,

2018-07-18 06:02
Deshi Ngxanga, sekretaris van die ANC in die Noord-Kaap.

Deshi Ngxanga, sekretaris van die ANC in die Noord-Kaap.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Noord-Kaapse ANC het gister die Sol Plaatje-munisipaliteit en sy burgemeester opdrag gegee om die munisipale bestuurder en finansiële hoof te skors hangende ’n ondersoek na kontrakte.

Dit volg op die hof­verskyning van verdagtes Maandag (16/07) ná verlede week se gewelddadige betogings, plundery en vandalisme. ’n Gespanne atmosfeer het by die landdroshof in Kimberley en dié in Galeshewe geheers

Die polisie het heeldag ’n sterk teenwoordigheid by die howe gehad en eenhede is selfs uit ander provinsies ontbied.

’n Helikopter en vliegtuig het heeltyd oor die skare gevlieg.

Deshi Ngxanga, sekretaris van die ANC in die Noord-Kaap, sê die provinsiale en streekleiers het Maandag lank met ontevrede gemeenskapsleiers oor hul griewe beraadslaag om ’n vreedsame oplossing vir die onrus te probeer vind.

“Ons het sekere ooreen­komste aangegaan en in­gestem om Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, en Lydia Mahloko, finansiële hoof, te laat skors hangende ’n forensiese ondersoek na die aantygings wat gemaak word.

“Een daarvan is ’n kontrak vir reklamewerk van R1,2 miljoen wat glo onbehoorlik aangegaan is.

“Ons het ook die burgemeester opdrag gegee om die interdik wat teen twee gemeenskapsleiers verkry is, terug te trek.

“Hulle kan nie die gemeenskap in bedwang bring as hulle met ’n interdik verbied word om dit te doen nie.

“Ons wil die vrylating van diegene wat in hegtenis geneem is, bespoedig en probeer om geld bymekaar te maak om hul borgtog te betaal,” sê Ngxanga.

Hy sê ’n taakspan is uit amptenare van die munisipaliteit en die departement van samewerkende regering, ANC-leiers en gemeenskaps­lede saamgestel om oplossings vir die besware van die ontevredenes te vind.

Volgens hom het gemeenskapsleiers ook oor Mangaliso Matika, uitvoerende burgemeester, se “arrogansie” gekla, “maar ons benodig klinkklare bewyse daarvan sodat ons dit aan die party se provinsiale uitvoerende komitee kan voorlê vir oorweging”.

Hy het namens die ANC om verskoning gevra vir die geweld en betreur dit dat munisipale en private eiendom beskadig is. Die plundery het ook mees­tal die arm mense benadeel, meen hy.

Die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Nocci) het Dinsdag (17/07) ’n vergadering in die stadsaal gehou oor hoe sakelui die skade aan ondernemings moet bereken en hoe om dit in die toekoms te bekamp.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.