Sol Plaatje kies sy skones

2016-08-10 06:00
ANSCHKE BEREND, ’n tweedejaar-onderwysstudent, is Saterdagaand as die eerste Mej. Sol Plaatje-universiteit in die kortstondige bestaan van twee jaar van dié universiteit gekroon.

ANSCHKE BEREND, ’n tweedejaar-onderwysstudent, is Saterdagaand as die eerste Mej. Sol Plaatje-universiteit in die kortstondige bestaan van twee jaar van dié universiteit gekroon.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n TWEEDEJAAR-ONDERWYSSTUDENT is Saterdagaand op ’n swierige skoonheidskompetisie in die Hoffe Park-klub as die eerste Mej. Sol Plaatje-universiteit gekroon.

Anschke Berend, wat wiskunde en wetenskap as hoofvakke vir haar B.Ed.-graad doen, het met die wit lyfband met die geborduurde woorde “Mej. Sol Plaatje-universiteit” weggestap.

Elihle Phali en Astrid Beukes is onderskeidelik as eerste prinses en tweede prinses gekroon.

Abduragmaan Alexander is ook onder luide toejuiging van toeskouers as vanjaar se Mnr. Sol Plaatje aangewys. Hy is ’n onderwysstudent met lewenswetenskap as hoofvak aan die Kollege vir Verdere Onderwys en Opleiding (FET).

Fikile Sithole en David Duiker is onderskeidelik as eerste prins en tweede prins gekroon.

Dit is vanjaar die eerste keer in die universiteit se geskiedenis dat ’n Mej. Sol Plaatje-universiteit aangewys word, ’n gebeurtenis wat in die jare vorentoe ’n gereelde instelling sal word.

Die nuutgestigte Noord-Kaapse universiteit het in 2014 sy deure geopen.

Die Mnr. en Mej. Sol Plaatje-universiteit-skoonheidskompetisie is deur Girl on the Move, ’n klub vir damesstudente by die universiteit, gereël.

Volgens Alexis Mogapi, ’n lid van die klub, is die klub gestig om vroue te bemagtig en damesstudente se selfvertroue te verbeter.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.