Stokke swaai vir welsyn

2017-10-11 06:01

Kimberliete wat ’n stok goed op die set-setbaan kan swaai, kan hulle vir Kimberley City Portal (KCP) se set-set-kampioenskap inskryf.

Dié pretdag word Saterdag (14/10) by die Putt-Putt-padkafee in Aristotleweg gehou.

Volwassenes en kinders kan deelneem en talle pryse is te wen.

Die KCP Facebook-groep bied die byeenkoms as ’n geldinsamelingsveldtog vir die Kimberley Shellhole van die Moth-klub aan, en help sodoende die weduwees en weeskinders oor wie dié klub hulle ontferm. Inskryfgeld is R30 per persoon. Deelnemers kan in groepe van tot vier spelers deelneem.

Baanbeamptes sal die reëls op die dag van die byeenkoms verduidelik. Die pretdag duur van 09:30 tot 16:00.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.