Tronkdeure klap toe vir korruptes

2018-12-05 06:01
Christo Scholtz

Christo Scholtz

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die tronkdeure het Dinsdag 27 November agter John Block, voormalige Noord-Kaapse ANC-leier, en Christo Scholtz, Trifecta-direkteur, toegeslaan toe hulle vir hul vonnis van 15 jaar elk weens korrupsie aangemeld het.

Block het hom voor 08:00 by die Kimberley-gevangenis in Kimberley, en Scholtz het hom effens later by die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan in Gauteng, aangemeld.

Dit volg op hul mislukte appèlaansoeke na die konstitusionele en die appèlhof vroeër vanjaar.

Block is nou tuis in ’n gevangenis waar drie bewaarders in November deur ’n gevangene gesteek is.

Kenneth Mthombeni, adjunk-streekkommissaris van die departement van korrektiewe dienste in die Noord-Kaap en die Vrystaat, sê dit het op 17 November gebeur toe ’n gevangene die bewaarders met ’n handgemaakte skerp voorwerp gesteek het. Die bewaarders is lig beseer en die gevangene is aangekla.

Regter Violet Phatshoane het in 2015 in die hooggeregshof in Kimberley bevind Block het sy invloed van 2006 tot 2008 gebruik sodat Trifecta-huurkontrakte teen ongehoorde pryse met die staat kon bekom.

Die appèlregters het bevind dat Block as ’n politieke leier sy mag misbruik het om homself onbehoorlik te verryk. Politieke leiers moet nie mag vir eie gewin misbruik nie.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder, sê Block is as lid van die Jacob Zuma-faksie in die ANC steeds polities invloedryk, al is sy vlerke effens geknip.

“Sy aanhouding beteken nie dat die korrupsienetwerke wat die hof uitgewys het, verdwyn het nie. Dié wortels lê baie diep in die ANC. Block het steeds ’n invloedryke groepering agter hom.”

Politieke bedrywighede voor die komende verkiesing het toegeneem.

“Die Zuma-groepering werk dag en nag om invloed te werf en ’n skeuring in die party is nie onmoontlik nie. Verskeie ander partye is ook die laaste paar maande gestig,” sê Duvenhage.

Intussen is Block se geval ook ’n aanduiding van die druk wat toeneem op diegene wat hulle onder Zuma se leierskap aan korrupsie en staatskaping skuldig gemaak het.

“Wat met Block en sy hofsaak gebeur het, gebeur nou in die Zondo-ondersoek na staatska­ping. Daar word baie strategiese druk op mense soos Ace Maga­shule, wat ’n soort skaakmat-rol kan speel, geplaas. Die volgende verkiesing vind plaas in die strategiese konteks van die ondersoek na staatska­ping. Dit word nou ’n geveg om oorlewing.”

Die Cyril Ramaphosa-kamp is besig om hulle te posisioneer, ook in die Noord-Kaap.

“Zamani Saul, Noord-Kaapse ANC-voorsitter en ’n aanhanger van Ramaphosa, is besig om te mobiliseer vir die verkiesing. Die kanse dat sy provinsiale uitvoerende komitee se verkiesing in Colesberg deur die hof ongeldig verklaar kan word, is skraal. Faksies se hofaansoeke slaag meestal nie.

  • “Die ANC se kandidatelyste begin ’n al hoe belangriker rol speel in wat in die volgende paar maande gaan gebeur,” meen Duvenhage. In Augustus is soortgelyke aanklagte van korrupsie en geldwassery teen Block in die onverwante Intaka-korrupsiesaak in Kimberley tydelik van die rol geskrap.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.