Van hospitaal na parkrun na (hopelik) Comrades

2017-11-22 06:01
Martin Bok kon skaars loop nadat hy sewe jaar gelede ’n serebrale aneurisme gehad het. Vandag spog hy met ’n persoonlike beste tyd van 24 minute by die parkrun in Kimberley en hy oefen vir volgende jaar se Comrades-ultramarathon.Foto: Kimberley-parkrun

Martin Bok kon skaars loop nadat hy sewe jaar gelede ’n serebrale aneurisme gehad het. Vandag spog hy met ’n persoonlike beste tyd van 24 minute by die parkrun in Kimberley en hy oefen vir volgende jaar se Comrades-ultramarathon.Foto: Kimberley-parkrun

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Martin Bok (45), ’n senior beplanner van Kimberley en plaaslike parkrun-legende, kon skaars loop nadat hy in Februarie 2010 ’n serebrale aneurisme gehad het en in ’n hospitaal in Bloemfontein beland het.

Vandag is hy ’n kranige parkrunner wat reeds meer as 68 parkruns in Kimberley (en 73 parkruns in totaal) gehardloop het, met ’n persoonlike beste tyd vir ’n Kimberley parkrun van 24:01.

Bok mik nou om die 24 minute-grens oor te steek en droom selfs daarvan om volgende jaar die Comrades-ultramarathon tussen Pietermaritzburg en Durban klaar te maak.

Hy is reeds ingeskryf en hard aan die oefen vir hierdie reuse-uitdaging.

“Ek was eintlik nooit ’n hardloper nie. Ek het wel sokker gespeel,” sê Bok.

“Nadat ek in 2010 daai aneurisme gehad het, moes ek van voor af leer loop. My bene het eenvoudig meegegee as ek probeer hardloop het.

“In 2016 het twee mede-parkrunners, Sarel Loots en Shuaib Toffar, my uitgedaag om saam met hulle die Kimberley-parkrun te doen.

“Met swak bene en ’n liggaamsgewig van 84 kg het ek my eerste Kimberley-parkrun in 41:13 klaargemaak.

“Kort voor lank het ek begin hardloop. Ek het begin deur eers net een kilometer van die parkrun te hardloop en die res te loop.

“Later het een kilometer twee kilometer geraak, twee kilometer het drie kilometer geraak, drie kilometer het vier kilometer geraak . . . en toe raak vier kilometer vyf,” sê Bok.

Een jaar later het hy die 50-park-run mylpaal verbygesteek en was hy 10 kg ligter.

Bok het daarna by een van Kimberley se voorste atletiekklubs, die Vodacom Kimberley Road Runner-klub, aangesluit.

Hy spog nou met persoonlike bestes van 55 minute vir die 10 km, 01:23 vir die 15 km, 01:28 vir die 16 km en hy het vroeër vanjaar die Fish Eagle Trail Run oor 24 km in ’n tyd van ongeveer 3 ure voltooi.

  • Die parkrun buite Kimberley is ’n gratis weeklikse 5 km-wedloop wat elke Saterdag omstreeks 07:00 by die Rooifontein-wildplaas buite Kimberley aangebied word.

Atlete wat hul tyd ná die wedloop wil hê, kan hulle aanlyn registreer, ’n kaartjie met strepieskode uitdruk en laat lamineer, sodat dit elke week by die eindpunt geskandeer word.

Atlete wat hulle geregistreer het, se uitslae word weekliks op die webwerf bekend gemaak. Registrasie is egter nie verpligtend nie.

Besoek die Facebook-blad of www.parkrun.co.za/kimberley vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.