Veiligheid onder die loep

2018-12-05 06:00

Landelike veiligheid bly een van Agri Noord-Kaap se voorkeursake.

Op Woensdag 21 November is dit bespreek tydens ’n vergadering met senior lede van die polisie. Só sê Joe Scholtz, voorsitter van die Landelike Veiligheid- en Veediefstalkomitee van Agri Noord-Kaap en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Noord-Kaap.

“Die skakeling met die polisie is herbevestig, en aspekte soos betreding en grondbesetting het aandag gekry. Daar is versoek dat inligting oor die hantering hiervan aan alle vlakke van die polisie, asook aan die gemeenskap, gekommunikeer word.

“Die inhoud is belangrik sodat rolspelers weet wat om te doen in gevalle van grond­besetting.”

Aandag is ook gegee aan veediefstal, een van die ernstige eiendomsmisdade wat finansiële implikasies vir veeboere inhou, sê Scholtz.

“Agri Noord-Kaap en die RPO doen ’n beroep op lede en vee-eienaars om toe te sien dat hulle die Wet op die Identifikasie van Diere nakom deur vee vroegtydig te merk.

“Die vergadering het toeligting ontvang oor ? landelike beveiligingstelsel waaraan Agri Suid-Afrika werk om boere te help om hulself teen plaasaanvalle en misdaad te beveilig,” sê Scholtz.

Agri Noord-Kaap doen ’n beroep op lede om in Kerstyd huis- en haardbeskerming op te skerp en om bedag te wees op verdagte aktiwiteite wat onmiddellik by die polisie aangemeld moet word.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.